Akabeko Boutique Hotel
Ontvang 'n gratis komplimentêre aandete vir twee. vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Feb 2025 tot 1 Jun 2025.
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Waterfall Plaas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Akabeko Boutique Hotel is 'n luukse plattelandse eiendom, 28 km vanaf Dullstroom, in Mpumalanga. Die hotel is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n stil wegbreek, romantiese ontspanningswegbreek, gholf-entoesias, of korporatiewe toevlugsoord, weg van die stadslewe.
Verblyf by Akabeko Boutique Hotel bestaan uit 7 luukse suites wat ruim en elegant versier is. Dié suites is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer in elkeen. Geriewe wat by hierdie luukse suites ingesluit is, is platskerm-TV's met DVD-spelers en DStv-kyk, badjassen en pantoffels, kluise in die kamer, haardroërs, 'n Nespresso-koffiemasjien, 'n yskassie, teemaakgeriewe en vele ander luukshede.
Die hotel het ook 'n gastesitkamer met 'n kaggel, waar 'n mens kan terugsit en ontspan. Heerlike maaltye word in die restaurant bedien en gaste kan skemerkelkies by die kroeg geniet. Vir korporatiewe gaste maak die hotel ook voorsiening vir verskeie funksies en byeenkomste, aangesien die restaurant tot 60 gaste kan akkommodeer.
Vir die avontuurlustiges kan verskeie doendinge ervaar en gereël word, soos voetslaan, pieknieks, kunsvlieghengel, en gholfspeel asook uitstappies na die Krugerwildtuin, slaggate en Gods Window, om maar 'n paar te noem.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Monia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Waterfall Plaas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Gaste dink Akabeko Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lydenburg Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Waterfall Plaas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang