Alfresco Villa
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesang Valley-pad 88, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R9 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Alfresco Villa is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die ongerepte Riverclub-oord in die hartjie van Plettenbergbaai. Hierdie verblyf is ideaal vir 'n kuswegbreek saam met vriende en familie aangesien dit binne maklike bereik van gewilde strande en die middedorp is.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die vierde slaapkamer 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort het.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV.
Hierdie leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet. Alle gaste het volle toegang tot die oord se geriewe en aktiwiteite wat 'n gemeenskaplike swembad, rivierfront, tennisbane en muurbalbane insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Nadine Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 4
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Piesang Valley-pad 88, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesang Valley-pad 88, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang