Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alkmaar Farmstay

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alkmaar-plaas, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Alkmaar Farmstay is in die Schagenvallei, die toegangspoort tot Maputo en die hartjie van die Laeveld, geleë. Dit is ook net 10 minute vanaf Mbombela (Nelspruit), die hoofstad van Mpumalanga. Alkmaar bied ideale verblyf vir besoekers wat al die besienswaardighede in die Laeveld wil besoek. Dit is naby die Krugerwildtuin, die Blyderivier Canyon, Pelgrimsrus en die Sudwala-grotte.

Die instansie het gastekamers vir 2 gaste, 'n wittebrood-kothuis, en 3 kampeerplekke wat 12 gaste in 3 tente op elke kampeerplek kan akkommodeer. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Elke tent het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad of stort. Die gaste wat kamp het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis en braaigeriewe. DIe wittebrood-kothuis het 'n koninggrootte-bed en 2 badkamers waarvan een 'n bad en die ander een 'n stort het. Die kothuis het ook 'n sitarea, 'n volledig-toegeruste kombuis en 'n stoep met 'n kaggel.

Alkmaar Farmstay is 'n absolute paradys vir voëlkykers: byvreters, paradysvlieëvangers en kuifkoparende word gereeld hier gewaar. Stap, baarshengel, kajakvaarte en 'n pragtige 4x4-roete is beskikbaar. Alkmaar is natuurlik ook 'n ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na Mosambiek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Locky V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjies en waarde vir geld. Sien sterre.
Sep 2024
Annel R
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Dankie vir die moeite met die kinders se bed.
Aug 2024
Marguerite B
Saam met lewensmaat
4.8
Lieflike plekkie. Ons het wittebroodkamer gekies. Baie mooi versier.
Jul 2023
Venezia G
Saam met lewensmaat
4.4
Definitief "'n terugkom", "'n sien jou weer"! Die mooiste plekkie. Almal was so vriendelik. Mooiste dam en die swembad is so skoon! Kamers is so mooi ...
Sien meer
Mrt 2023
Sunet O
4.2
Lekker gebly. Ons het heerlik gebly. Dit is net bietjie ver van die pad af, maar 'n lieflike plek. Sal beslis weer bespreek.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Huibrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Alkmaar-plaas, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Gaste dink Alkmaar Farmstay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alkmaar-plaas, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c9792b44bffc86189ce02c6a1b1144c0f0ef009ae417b8b6b7775d43cf2aef63fb65a478326cfb779ece4d71082bc45ee8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 Alkmaar Farm Mbombela (Nelspruit) 1201 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.460818681046 30.830895380981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang