Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

All over Africa Gastehuis

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ambrosia-straat 133, Birch Acres, Kemptonpark, 1618, Gauteng
  • Vanaf R1 000 R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

All over Africa Gastehuis is 'n luukse grasdak-gastehuis in die stil woonbuurt Kempton Park en bied verblyf aan sakereisigers en vakansiegangers. 'n Groot ontbyt en driegangaandetes is beskikbaar, en kospakkies word vir middagete verskaf.

'n Verteenwoordiger van die instansie sal jou verniet by die O.R . Tambo Lughawe kom optel en weer aflaai as dit binne werksure is en teen 'n klein fooi na-ure. Die gastehuis kan ook toere in en om Gauteng reël.

Gaste kan kies tussen ons 6 gastekamers genaamd Renoster, Leeu, Luiperd, Cheetah, Buffel en Olifant. Elke kamer het slaapplek vir 2 tot 3 gaste. Vier van die kamers het grasdakke.

Die kamers is ingerig met gemaklike enkel-, dubbel- of koningingrootte-beddens. Vier van die kamers het en suite-badkamers, terwyl 2 van die kamers 'n badkamer deel. Al die kamers is ingerig met 'n TV en DStv, waaiers, verwarmers, tee- en koffiemaakgeriewe, sowel as gratis WiFi. Drie van die kamers het mikrogolwe en yskassies. Drie luukse kamers is in die huis en drie kamers is buite met hulle eie uitgange.

All Over Africa Gastehuis is net 7 km vanaf die Festival Mall, 12 km vanaf Greenstone Winkelsentrum, 13 km vanaf die Mall of Africa en vele meer winkelsentrums. Dis naby gholfbane en ander sportgeriewe. Toere in en om Johannesburg en Pretoria kan teen ekstra koste gereël word. Die Voortrekkermonument, Cullinan-diamantmyn en Gold Reef City is van die plekke wat besoek kan word. Die gastehuis reël ook toere na die Krugerwildtuin.

Die gastehuis bied toere aan na al die toeriste-bestemmings in Gauteng, insluitend 'n diamantmyn-toer, die Voortrekkermonument, Wieg van die Mensdom, die leeu- en renosterpark, sowel as 'n grottoer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Reitze Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Ambrosia-straat 133, Birch Acres, Kemptonpark, 1618, Gauteng
  • Gaste dink All over Africa Gastehuis het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R 1 000 R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 000
R 1 000 R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ambrosia-straat 133, Birch Acres, Kemptonpark, 1618, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAczWWwEMEgw3XSmhK7ZoSLuJWmYJ8PK9AJZ9O2WsRnA439XwaRB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R900 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 133 Ambrosia Road Birch Acres 1618 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.063912636875 28.201343929813

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang