Alldays & Onions Gastehuis
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoostraat, Alldays, 0909, Limpopo
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Alldays & Onions Gastehuis is in 'n klein dorpie met die naam Alldays, geleë. Hierdie B&B in die noordelike Bosveld is ideaal vir reisigers wat gerieflik wil wegbreek en ontspan met die opsie van 'n hele rits doendinge in die omgewing.
Ons akkommodasie word in 4 ruim kamers aangebied wat identies ingerig is. Elke kamer beskik oor 2 driekwartbeddens wat as 'n koninggrootte-bed geskuif kan word. Verder bied elke kamer 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alldays & Onions Gastehuis het 'n gemeenskaplike sitkamer- en kroegarea met 'n platskerm-TV waar sekere DStv-sportkanale gekyk kan word. Koffie en tee is in die eetkamer beskikbaar waar smaaklike maaltye ook op versoek bedien word.
Daar is 'n hele rits avonture om in Alldays se geweste aan te pak. Die Mapungubwe Nasionale Park met sy ryk argeologiese geskiedenis en status as wêrelderfenisgebied is nabygeleë. Die Blouberg Natuurreservaat is ook nie ver nie en bied die gewilde aasvoël-restaurant en asemrowende kranse. Verder is daar toere na die krokodilplaas, voëlkyk, visvang en wildritte wat op versoek gereël kan word.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Esme' Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Hoostraat, Alldays, 0909, Limpopo
- Gaste dink Alldays & Onions Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Alldays Mapungubwe National Park Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoostraat, Alldays, 0909, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang