Aloe View Rock Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot H90, Sumerset Plaas, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 826 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Aloe View Rock Lodge is op 'n privaat wildsplaas naby die Lebombo-bergreeks in Hluhluwe in KwaZulu-Natal geleë. Die lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike uitsigte, weg van die gewoel van die stadslewe.
Verblyf by Aloe View Rock Lodge beskik oor 5 slaapkamers. Die hele lodge kan as 'n geheel uitgeboek word vir 'n groep wat saam reis. Hierdie 5 slaapkamers is smaakvol versier, toegerus met óf 'n koningingrootte-bed óf 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Fasiliteite wat by al die kamers ingesluit is, is lugversorging; komplimentêre seep; haardroërs asook tee- en koffiemaakgeriewe.
'n Heerlike ontbyt word in die eetkamer bedien, en ander smullekker maaltye kan op versoek gereël word. Die lodge bied ook gemeenskaplike braai-areas; 'n swembad; 'n gastesitkamer met 'n pooltafel om van gebruik te maak, asook 'n kroeg waar skemerkelkies geniet kan word.
Vir die avontuurlustiges kan 'n verskeidenheid aktiwiteite gereël word, soos begeleide staptogte; wildritte in die reservaat; krokodil- en slangvertonings; olifant interaksie; bootvaarte op die St Lucia-meer en nog baie meer. Dierespesies soos Nyala, Rooibok, Vlakvark, rooi en grys duiker, luiperd, hiëna, krokodil en seekoei kan ook op die plaas gesien word.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Ligging
- Plot H90, Sumerset Plaas, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Hluhluwe Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot H90, Sumerset Plaas, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang