Aloe View Rock Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot H90, Sumerset Plaas, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 826 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Aloe View Rock Lodge is geleë op 'n privaat wildplaas na aan die Lebombo-bergreeks in Hluhluwe in KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike uitsigte weg van die gedruis van die stad af.
Verblyf by Aloe View Rock Lodge word aangebied in 5 slaapkamers. Die hele lodge kan bespreek word as 'n geheel vir 'n groep wat saam reis. Die 5 slaapkamers is smaakvol versier en beskik oor 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Geriewe in al die kamers sluit in: lugversorging, gratis sepies, haardroërs en tee- en koffiemaakgeriewe.
'n Heerlike ontbyt word bedien in die eetkamer en ander heerlike maaltye kan gereël word op versoek. Die lodge het ook gemeenskaplike braai-areas, 'n swembad, 'n gaste-sitkamer met 'n pooltafel en 'n kroeg waar gaste skemerkelkies kan geniet.
Vir die meer avontuurlustige gas is daar 'n hele rits doendinge en besienswaardighede wat gereël kan word soos: begeleide wandelinge, wildritte in die reservaat, krokodil- en slang-skoue, interaktiewe olifant-ervaringe, bootvaarte op die St Lucia Meer en nog meer. Dierspesies soos njala, rooibokke, vlakvarke, rooi- en grysduikers, luiperde, hiënas, krokodille en seekoeie kan op die plaas gewaar word.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Plot H90, Sumerset Plaas, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot H90, Sumerset Plaas, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal