Alsumic Gaste Plaas
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groenvlei Plaas, Langs die R540, Belfast, 1100, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 000R2 400 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Alsumic Gaste Plaas is net 14 km van Belfast af en bied 'n ontspannende wegbreek vir groepe of gesinne.
Die eenheid is gerieflik ingerig en bied slaapplek aan tot 10 gaste in 4 ruim slaapkamers met gedeelde badkamergeriewe. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed, die derde slaapkamer het 4 enkelbeddens wat in 'n koninggroote-bed en 2 enkelbeddens omskep kan word, en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond, gasstoof, gasoond en 'n yskas, en maaltye kan rondom die etenstafel geniet word. Gaste kan in die sitarea voor die TV wat DStv en 'n DVD-speler het ontspan, of in die speletjieskamer rondom die pool-tafel kuier. Verskeie speletjies word voorsien vir gaste se gebruik.
Braaigeriewe is in die binnehof beskikbaar en die omheinde tuin bied genoeg plek vir kinders om te speel. Daar is verskeie staproetes in die omgewing vir diegene wat wil verken en die plaasdam het baars vir diegen wat hulle eie visvangtoerusting wil saambring.
Let dat die eenheid sonkrag gebruik en daarom is daar nie beurtkrag nie, maar gaste moet versigtig met kraggebruik wees omdat alles saans aan 'n battery gekoppel is. Een van die badkamers het 'n gasgeiser so 'n warmwaterstort sal altyd beskikbaar wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad
Badkamer
Stort
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Fietsry
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Welda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Groenvlei Plaas, Langs die R540, Belfast, 1100, Mpumalanga
- Gaste dink Alsumic Gaste Plaas het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groenvlei Plaas, Langs die R540, Belfast, 1100, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang