Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amare Cabin

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blouwildebeeslaan 1253, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Amare Cabin is 'n selfsorg-houthuis op die Lion Spruit Reservaat se grens in Marlothpark. Die huis is ideaal vir 'n paartjie met 'n liefde vir die natuur en vrylopende diere wat daagliks kom groet.

Die houthuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 klein kinders. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n muskietnet en 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer het 'n dubbelwasbak en 'n losstaande bad.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof, -oond, 'n ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n rookalarm en brandblusser.

Die leefarea het 2 stoele, 'n rusbank en 'n koffietafel. Daar is bordspeletjies in die onderste laai van die koffietafel. Daar is nie 'n TV nie. Die leefarea lei na die stoep met 'n stoel wat soos 'n voëlnessie lyk en 'n uitsig oor die omgwing bied. Daar is ook 'n tafel en 2 stoele.

Amare Cabin het onbeperkte WiFi, veilige onderdakparkeerplek, 'n plonspoel en 2 houtstoele. Die braai-area is langs die boma en het 'n braaistaander en 'n -rooster.

Daar is 'n gasstoof, ligte wat met sonkrag werk, olielampe en herlaaibare ligte wat tydens beurtkrag gebruik kan word.

Die verblyf het 'n alarmstelsel wat 24 uur beskikbaar is. Gereelde patrollies word regdeur die nag uitgevoer. Die alarmstelsel het 'n paniekknoppie en die deur na die verblyf het 'n sekuriteitshek.

Aktiwiteite op die perseel sluit voëlkyk, begeleide staptogte, swem, fietsry, wildritte en wildkyk in. Al hierdie aktiwiteite is beskikbaar, maar sommige van die aktiwiteite moet vooraf bespreek word en is teen 'n ekstra koste. Spabehandelings kan teen 'n ekstra koste bespreek word en kan by die houthuis plaasvind.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

4

1 x Koninggrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Stephan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Blouwildebeeslaan 1253, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Amare Cabin het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blouwildebeeslaan 1253, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c71a3408a0ccd8e7588b6cb799c78a91ce1a5de7a65cc4e366b41cf74dd94b3b24661dd9624f18a1298f34bd8595a9bdf3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 1253 Blouwildebees Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.357912012575 31.768814961904

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang