Angler & Antelope Guesthouse
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: College-weg 2, Somerset-Oos, 5850, Oos-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
In die hartjie van die prentjiemooi dorpie, Somerset-Oos (KwaNojoli), bied Angler & Antelope 'n welkome verrassing aan gaste wat hier aandoen en nie só 'n juweel in 'n klein, plattelandse dorpie verwag nie. Jy sal net die regte hoeveelheid aandag van jou gashere ontvang en regtig tuis voel in ons beeldskone gastehuis. Die gastehuis het sonpanele en omsetters wat in die geval van beurtkrag inskop.
Ons bied iets vir amper elkeen, van sakpas-selfsorgverblyf vir gesinne tot bekostigbare kamers vir sakereisigers en -verteenwoordigers, en luukse kamers, elkeen met 'n en suite-badkamer, lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die gastehuis het sonkrag en dus is die impak van beurtkrag aansienlik minder. Die buitenste selfsorgeenhede is die enigstes wat nog effens beurtkrag ervaar, maar hulle het wel sonkrag-aangedrewe ligte. Gaste kan ook 'n heerlike tuisgemaakte ete in die eeu-oue Rooms-Katolieke Kerk geniet en whiskey uit ons versameling van meer as 60 moutsoorte proe.
Somerset-Oos (KwaNojoli) is 'n juweel aan die rand van die Karoo met 4 biome binne 20 km van die dorpie af: Karoo, savanne, grasveld en inheemse woude. Die mikroklimaat wat deur die Boschberg teweeggebring word, verseker dat daar 'n ongewone hoeveelheid reën, vir die Karoo in elk geval, elke jaar hier gemeet word. Die area is fantasties vir kunsvlieg-entoesiaste aangesien die reënval dit 'n baie gunstige plek vir forel maak. Ons het ook 'n goed toegeruste kunsvlieghengel-winkel in die ou biegkamer en meer as genoeg plaaslike kennis met behulp van ons REFFIS-geregistreerde visvang-gids, Alan Hobson.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Annabelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- College-weg 2, Somerset-Oos, 5850, Oos-Kaap
- Gaste dink Angler & Antelope Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Oos (KwaNojoli) Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: College-weg 2, Somerset-Oos, 5850, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang