Ankergooi
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Birkenhead-straat 3, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ankergooi is in die kusdorpie De Kelders. Die omgewing is geskik vir walviskyk en die villa se ligging bied seisoenale uitsigte van beide walvisse en dolfyne wat speel.
Sonpanele is geïnstalleer om die impak van beurtkrag te verminder.
Verblyf is beskikbaar is 2 smaakvol versierde woonstelle, bo en onder. Die woonstel op die boonste verdieping het slaapplek vir 2 en die onderste woonstel het slaapplek vir 6.
Die woonstel bo het 'n slaapplek vir 2 en beskik oor 1 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -eetarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet.
Die woonstel onder beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste in hierdie 2 kamers deel die badkamer met 'n bad en 'n stort, wasbak en toilet.
Beide kombuise is met 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware. Die onderste woonstel het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die onderste woonstel het ook 'n eetarea met sitplek vir 6. Die sitkamers van beide woonstelle het 'n TV met die volle DStv-pakket.
Albei woonstelle maak gebruik van 'n gemeenskaplike braai-area met 'n piekniektafel. Gaste moet asb. hulle eie braairooster saambring.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Kobus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Birkenhead-straat 3, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Ankergooi het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Birkenhead-straat 3, De Kelders, 7220, Wes-Kaap