Apartment 002 @ Tyne Luxury Apartments
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kikembe-straat 5, Tyne, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Apartment 002 @ Tyne Luxury Apartments is op die Sanctuary Private Estate in Umhlanga Rocks. Dit is 'n pragtige woonstel met moderne kenmerke. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek, want hierdie landgoed het baie aktiwiteite en geriewe.
Dié woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasmasjien toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die skuifdeure lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele wat die perfekte plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl gaste die uitsigte bewonder. Die kompleks spog met 'n klein klubhuis, gemeenskaplike kombuis, gimnasium, privaat vergaderlokale, 'n gedeelde werkspasie, onderdakbraaigeriewe en 'n platskerm-TV buite.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Leandri Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 6
Resensies 3
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Kikembe-straat 5, Tyne, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kikembe-straat 5, Tyne, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal