Swak.
Ek kan nie eintlik eers een ster kies nie, want dit was so swak in werklikheid. Teenoor die fotos, geen waarde vir geld nie. Om vir 7 nagte meer as R10 te betaal en die volgende is fout, stel ek dit nie voor aan enige iemand nie: Hoofslaapkamer se stort was so vuil ons moes ry en skoonmaakmiddels gaan koop om skoon te maak, die toilet het nie 'n deksel gehad nie, die laai se handvatsel was af, in die kamer was die staanwaaier gebroke, die bed het net 'n inner oor gehad, nie eers 'n cover nie, die slope was gemis van die kussings, die kamer se mure was vuil, dit lyk of iemand poef aan die muur gevee het. Die aircons in albei kamers was disconnected dat mens dit nie kon gebruik nie. Eetkamertafel was vol vet kolle en die dak lek daar in as dit reën. Bygevoeg, ons het uit 7 dae 5 dae reën gehad. Die TV kamer het geruik soos roet en al die spuit wat mens ook al gebruik, kon nie die reuk uitkry nie. Die ander slaapkamer se badkamerlig het nie gewerk nie en die stort was net so vuil. Al die ligte in die huis, insluitend die op die stoep, het sensors, so as mens vir 10 minute nie beweeg nie, gaan alles af. Nie te praat van die geisers wat deur 3 plekke gedeel word, dat mens nie warm water het as jy 18:00 wil stort nie. Die blinds in die TV kamer en eetkamer is stukkend en hang los, jou privaatheid is daar nie, want die ander mense loop sommer deur die stoep se skuideur na die swembadarea toe, en omdat die blinds nie heeltemal toe gaan nie, kan mens nie eers in jou nagklere by die TV sit nie. Die ander kamer se een lig werk nie by die bed nie en hulle het sommer net wit isolasietape oor die skakelaar geplak, dat mens dit nie kon gebruik nie. Dit was nie die geld werd wat ons betaal het vir die 7 nagte nie. Die fotos is 'n klug teenoor wat ons gekry het in die slaap 5 eenheid.
See more