Dankie vir jou terugvoer.
Dit is inderdaad ‘n baie warm tyd van die jaar in Marloth, en hierdie somer was uitermate warm, met baie erge donderstorms wat die elektrisiteit in Marloth, insluitend die transformateurs, belemmer het.
Die lugversorger was inderdaad geblok. As jy my in kennis gestel het terwyl julle daar was, sou ek dit onmiddellik vir julle uitgesorteer het. Ek het elke twee dae via WhatsApp ingeklop, maar ek het geen terugvoer van julle ontvang nie.
Ek wil graag daarop wys dat julle nie mislei is deur die foto's van die binne- en buitebraai, sowel as die volledige kothuis nie. Die kampstoele is addisioneel daar geplaas, my persoonlike eiendom wat ek agtergelaat het vir die geval dat gaste nie die 4-sitplek muurbankie in die buite-braai-area wil gebruik nie. Ek braai gereeld self daar, en dit is baie gemaklik. Geen ander gaste het ooit ‘n probleem hiermee gehad nie.
Oor die asbliksak:
Ons het ongelukkig geen ander keuse nie. Soos ek voorheen verduidelik het, maak die stadsraad dit nie skoon nie, en die mongoose, bobbejane en apies maak dikwels die asblikke op straat oop en gooi papiere en blikke in die veld. Hierdie plastiek kan skadelik wees vir die diere en hulle kan dit selfs insluk, wat ernstige gevolge kan hê. Om slotte en sleutels aan elke gas te verskaf, is onprakties. Almal verstaan dit en het geen probleem om die sak langs die pad te verwyder nie. Dit is deel van die ervaring om in die bos te wees.
Die matras is splinternuut – dit is ‘n Sealy Posturepedic met ‘n 10-jaar waarborg. Ek verstaan dat dit dalk anders is as wat jy gewoont is, maar dit is een van die beste matrasse wat beskikbaar is. Ek het al die nodige inligting vooraf aan jou gestuur, en ek het ook op drie verskillende geleenthede aangebied om enige vrae of verdere inligting te verskaf.
Wat die prys per persoon betref, is dit heeltemal in lyn met, en selfs goedkoper as, die meeste kothuise in en om die wildtuin. Om dit as duur te beskou, is nie heeltemal reg nie. Die koste is gelyk aan ‘n backpacker-tarief en is meer as helfte goedkoper as wat jy in die wildtuin sou betaal. Dit is egter belangrik om in gedagtes te hou dat dit geld kos om die hoë standaarde te handhaaf wat daar gevestig is.
As gevolg van al die bogenoemde faktore, sou dit dalk beter wees om in die toekoms eerder in ‘n lodge te bly as in selfsorg-boshuise.
Baie dankie,
Matilda