Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ash River Lodge B&B

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Reenenstraat 723, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ash River Lodge B&B is in die natuur- en kultuurryke dorpie Clarens geleë en spog met skouspelagtige uitsigte oor die berg Horeb en die Malutiberge. Die lodge is naby alle geriewe, asook verskeie winkels en restaurante geleë. Clarens is die Vrystaatse juweel en kunshoofstad van Suid-Afrika.

Die verblyf bestaan uit 11 kamers, waarvan 7 dubbelkamers, 3 tweepersoonskamers en 'n wittebroodsuite is. Alle kamers is en suite, het privaat ingange en is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe en meer. Elektriese komberse word voorsien vir die uitdagende wintertemperature in Clarens.

Ontspan op die uitgestrekte 100vkm-dek met manjifieke berguitsigte en 'n sentrale kaggel, maak gebruik van die gemeenskaplike sitkamer met volledige DStv en groot kaggel of kies 'n tydskrif of boek uit die uitgebreide biblioteek. Daar is skadu-motorafdakke beskikbaar.

Clarens bied 'n magdom doendinge en besienswaardighede in die onmiddellike omgewing.

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Jacques G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier. Baie lekker gebly, dankie. Vriendelike mense. Mooi uitsig. Netjiese plek.
Mrt 2024
Marwaan D
Saam met lewensmaat
5.0
Fabulous. Would recommend more parking be made available and covered parking be arranged to protect cars during inclement weather.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Alti K
Saam met lewensmaat
5.0
'n Baie aangename kuier met gasvrye eienaars. Ons kamer was rolstoelvriendelik en die ontbyt was verskriklik lekker! Ons het sommer baie lekker gekuie...
Sien meer
Sep 2023
Anel V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek met besonderse uitsig. Baie verwelkomend. Diens is uitstekend. Sal beslis weer daar tuisgaan.
Jun 2023
Patrys F
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, uitstekend! Baie dankie, Lallies, was wonderlik om by julle te kuier. Onbyt was uitstekend. Mis klaar die hondjies, sê asb. hallo vir Lexi...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Lallies Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Van Reenenstraat 723, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Ash River Lodge B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Reenenstraat 723, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAx5bqZjXIPzsqaK7kJllUi7fLfcYDAm12IpD6nh1joQtBlPLGAq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 70 5 1 5 723 Van Reenen Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.519907 28.420464

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang