At the Beach
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 15 Okt 2024 tot 8 Des 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Planestraat 16, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 700R1 133 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
At the Beach is 'n ateljeewoonstel wat toegerus is vir selfsorg in Wavecrest, Jeffreysbaai, en bied privaatheid, rus en vrede en afsondering sodat jy in die bed kan lê en die branderplankryers by die Point en Supertubes, of walvisse en dolfyne wat in die branders baljaar, kan dophou. Jy sal eers aan die stilte moet gewoond raak, met net die klanke van die branders om jou aan die slaap te sus. Ongelukkig is troeteldiere nie welkom nie.
Die woonstel bied slaapplek vir 2 volwassenes. Die woonstel het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n toilet en 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstofie, 'n koffiemasjien en al die nodige toebehore wat jy moontlik kan benodig. 'n Platskerm-TV met die volle DStv-pakket word ook voorsien. Daar is verder ook gratis WiFi-toegang. Buite, op die dek is daar sonstoele en Weber-braaigeriewe.
Dié woonstel het 'n privaat, veilige plankpaadjie na die strand en is net oorkant die langbranderplank-paradys. Die woonstel het 'n 'n buitestort met warm water om die dag se sand af te spoel. Dis pure plesier in die winter.
Ons het noodkrag beskikbaar tydens beurtkrag en daar is ook nood-watertoevoer indien nodig. Daar word van sonkrag gebruik gemaak en die perseel word slegs selektief deur beurtkrag geraak. Daar is verder ook laserstraal-sekuriteit rondom die eiendom wat verbind is aan 'n gewapende reaksie-eenheid.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Glen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Planestraat 16, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink At the Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Planestraat 16, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang