Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ATKV Buffelspoort

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 24 Mei 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 1796 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Vanaf R421 R295 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

ATKV Buffelspoort is 80 km vanaf die wêreldbekende Sun City geleë en bied 'n verskeidenheid gerieflike selfsorgverblyf, ontspanningsgeriewe en doendinge, en is die ideale basis vanwaar jy die magdom besienswaardighede in die omgewing kan verken.

Verblyf word aangebied in óf rondawels, woonstelle, tenthuise, kampeerplekke óf in 'n villa. Die rondawels beskik oor 'n badkamer en 'n kombuisie. Die woonstelle bestaan uit 4, 6 en 8 beddens en beskik oor 'n badkamer, 'n kombuisie en 'n TV. Die tenthuise beskik oor 4 beddens en 'n badkamer. Gaste van die tenthuise het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis, vir daardie tenthuise sonder kombuise. Die villa het lugversorging en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuisarea. Die kampeerplekke is op grasperke, onder skaduryke bome of geplaveide staanplekke met opwas en ablusiegeriewe word voorsien asook kragpunte en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot 'n verskeidenheid geriewe en doendinge by die oord, soos koue en warm binne- en buiteswembaddens, Jacuzzi's, trampoliens, snoeker en swembad, gholf en avontuurminigholf, ponieritte, vlugbal, muurbal en tennis. Neem asseblief kennis dat die waterglybaan gesluit sal wees vanaf 30 Mei – 23 Junie 2022. Die binne- en buite-verhitte swembaddens sal normaalweg funksioneer

Die oord spog met 'n gelisensieerde restaurant met 'n gedeelte vir wegneemetes, 'n sportkroeg, konferensiegeriewe, en 'n goed gevulde winkel en bottelstoor. Daar is ook 'n OTM op die perseel vir gaste se gerief.

Plaaslike besienswaardighede in die omliggende area sluit Hartbeespoortdam, Lesedi Cultural Village, Pilanesberg Nasionale Park, Kgaswane Natuurreservaat, Wieg van die Mensdom en Sterkfonteingrotte in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 331 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hennie V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, alles skoon en netjies. Baie lekker gebly, dankie.
Nov 2024
Daphney M
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful and peaceful. Peaceful and memorable stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Riana B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gekuier. Verblyf, oord baie netjies en personeel baie gaaf en vriendelik.
Nov 2024
Jan V
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend, restaurant het baie lekker ete. Heerlik en grieflik, alles wat nodig is daar.
Nov 2024
Marilize D
Saam met vriende
5.0
Lekker wegbreek vir almal. Die naweek was besig maar baie lekker, genoeg aktiwiteite vir almal. Staanplekke is beperk met baksteenvloer, maar verder h...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

ATKV Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 2360

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Gaste dink ATKV Buffelspoort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R421
R 421 R 295
per nag (plek vir 6)
Vanaf R421
R 421 R 295
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 1796 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb75c7d3da3f25990185f06ffed873312e1fcb650d4ae569b5678ceda4e898671bc3e799d4457a894f0e3a84f4d95b914a5e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R421 nouVanaf R295 per nag (plek vir 6) 331 5 1 5 R104 Rustenburg 0284 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.759221683951 27.486988126221

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang