Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ATKV Klein Kariba

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2025 tot 28 Feb 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 988 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R101, Warmbad, 0480, Limpopo
  • Vanaf R334 R234 per nag (plek vir 6)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

ATKV-Klein Kariba is in een van die Waterberg se mooiste klowe net buite Bela-Bela in Limpopo. Dis net 90 minute vanaf Johannesburg en 'n uur se ry van Pretoria af.

Die oord bied verblyf in woonstelle, berghuise, houthuisies, tenthuise en gaste-slaapkamers. Daar is 177 selfsorgeenhede. Die eenhede is volledig gemeubileer en toegerus. Swemhanddoeke, waslappe en skoonmaakmiddels word nie voorsien nie. Al die eenhede het beperkte DStv. Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar.

Gaste het toegang tot verskeie aktiwiteite en ontpanningsgeriewe, insluitend 'n restaurant op die perseel, 'n wegneemetekafee, geriefswinkel met baie voorraad en 'n OTM. Die oord het 2 warmwaterbronne, 'n verhitte, binnenshuise swembad, 'n koue swembad buite en 'n plonspoel. Gaste het ook toegang tot aktiwiteite soos gholf, mini-gholf, vlugbal, perdry, wildkyk, stap, fietsry, roei, visvang, snoeker en vierwielmotorfietsry.

Die oord bied ook moderne geriewe vir groepe van tot 700 afgevaardigdes en danksy die rustigheid en stilte wat in die oord heers, is dit die ideale bestemming vir sakevergaderings en konferensies. Die oord spog ook met 'n klip-kapel wat ideaal is vir troues.

Die ATKV-Klein Kariba is langs die Bosveld-toeristeroete geleƫ en dien as die ideale vertrekpunt vir dagtoere om die omgewing se besienswaardighede te verken. Besienswaardighede in die omgewing sluit Makapansgat, Thaba Kwena Krokodilplaas en Adventures with Elephants in. ATKV-Klein Kariba is 172 km van Johannesburg af en 116 km van Pretoria af geleƫ.

DĆ­t is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 681 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Morne S
Gesin met klein kinders
5.0
Was baie lekker en ongelooflik netjies. Baie lekker rus en netjies, baie om te doen, sal graag weer gaan.
Jan 2025
Andrea D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike verblyf by ATKV Klein Kariba! Ek en my man het onlangs ATKV Klein Kariba besoek en ek het slegs goeie woordjies te deel! Die tenthuis was p...
Sien meer
Jan 2025
Hannes V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekamp met karavaan. Lekker gekamp. Ons was gelukkig naby aan ablusiƫr geriewe, maar van die kampplekke is dit maar ver om te loop.
Jan 2025
Isabel L
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n onvergeetlike vakansie! Dit was ons eerste kamp met 'n karavaan by so 'n park en dit was heerlik! Dit het my verwagtinge oortref!
Jan 2025
Louiza N
Gesin met tieners
5.0
Relaxing and perfect for teens and tweens. Lovely, kids enjoyed the daily activities.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ā€™n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

ATKV Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 2550

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R101, Warmbad, 0480, Limpopo
  • Gaste dink ATKV Klein Kariba het ā€™n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R334
R 334 R 234
per nag (plek vir 6)
Vanaf R334
R 334 R 234
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 988 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R101, Warmbad, 0480, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68d8e740f58cafff69703f3391b1c8f465e9ed849e8732e6b6e9254ca5613292182c130b70047d0988d0e815420b61fab67a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R334 nouVanaf R234 per nag (plek vir 6) 681 5 1 5 R101 Warmbad 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.84958095542 28.335495740175

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ā€™n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang