Avalon Springs Resort by Dream Resorts
- Kapasiteit: 156 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitvlucht-straat, Avalon Springs, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R1 470 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Avalon Springs Resort by Dream Resorts is 'n gewilde vakansie-oord in Montagu in die Wes-Kaap. Dit is ideaal vir óf 'n romantiese wegbreek, 'n sakereis of 'n gesinsvakansie aangesien dit sowat 2 uur van Kaapstad af geleë is en die oord 'n verskeidenheid aktiwiteite op die perseel bied.
Dié oord bied aan gaste 'n keuse tussen óf hotelkamers wat slaapplek aan 2 of 4 gaste bied óf lieflike bergchalets wat elk slaapplek het tot 4 volwassenes en 2 kinders. Al die hotelkamers het 'n dubbelbed en 'n privaat en suite-badkamer met óf 'n bad en 'n stort óf slegs 'n stort. Skoon, wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Ander geriewe sluit 'n tee- en koffieskinkbord en 'n TV met die volle DStv-pakket in. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die bergchalets beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, sowel as 'n dubbelslaapbank in die leefarea wat slegs vir 'n kind geskik is. Beide slaapkamers het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die eerste badkamer het 'n bad, terwyl die tweede badkamer 'n stort het.
Verder het die chalets 'n leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Buite elke chalet is 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai wat die ideale plek vir 'n skemerkelkie is.
Avalon Springs bied asemrowende uitsigte en het 'n kinderspeelarea, 2 restaurante, 'n kafee, 'n gastesitarea en 'n spa. Daar is ook verhitte swembaddens, voetslaanroetes, mini-gholf- en tennisbane.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Dream Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 376
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Uitvlucht-straat, Avalon Springs, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Avalon Springs Resort by Dream Resorts het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 156 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitvlucht-straat, Avalon Springs, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang