Sedgefield Island Home
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Johanstraat 6, The Island, Sedgefield, 6625, Wes-Kaap
- Vanaf R5 980 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Sedgefield Island Home is 'n lieflike gesinsvakansiehuis in Sedgefield. Die ruim balkon by Avemore het 'n uitsig op die indrukwekkende Outeniekwaberge en oor die Swartvlei-strandmeer. Hiér kan gaste die vrede en stilte van die natuurskoon geniet. Die Swartvlei-strandmeer is 2 minute se stap vanaf die huis.
Dié huis het 'n groot voorstoep wat na 'n ruim sitarea lei wat 'n kaggel, gemaklike meubels en 'n groot etenstafel het. Die eetarea lei na 'n ruim, ten volle toegeruste kombuis wat ook 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n antieke tafel met stoele het.
Die kombuis lei na 'n klein gastekamer met 'n dubbelbed en badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het ook 'n stort. Die derde en vierde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed terwyl die vyfde slaapkamer 'n koninggrootte-bed sowel as 2 enkelbeddens het. Die sesde slaapkamer het 'n stapelbed. Daar is nog 2 badkamers met 'n stort en 'n badkamer met beide 'n bad en stort.
Verder bestaan die eerste verdieping uit 'n slaapkamer met stapelbeddens, 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en nog een kamer met 'n koningingrootte-bed. Al die kamers het groot ingeboude kaste, mooi meubels, beddegoed, houtblindings en plafonwaaiers.
'n Bykomende bonus is die tweede woonkamer met 'n koffiehoekie en 'n bykomende wasmasjien en skottelgoedwasmasjien. Aan hierdie kant van die ruim huis is daar 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, ruim gesinskamers wat elk 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens, tafel, stoele en 'n badkamer het.
Die huis het ook 'n lapa wat 'n aparte onthaalarea in die agtertuin het.Houttrappe lei na 'n pragtige balkon met gemaklike stoepmeubels. Daar is 'n Weber-braai en ruim, skaduryke parkeerplek voor Avemore of langs die huis. 'n Buitestort, -wasbak en -toilet is ook beskikbaar.
Gaste kan die skoon strande verken, gaan stap by die Outeniekwa- en Tsitsikamma-staproetes of fietsry. Daar is ook verskeie goeie restaurante in die Sedgefield-omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elana Geverifieer
Eiendomme 23
Resensies 128
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Johanstraat 6, The Island, Sedgefield, 6625, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in The Island Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Johanstraat 6, The Island, Sedgefield, 6625, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang