Avondrust Farm Stay
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelwater-plaas, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
- Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Avondrust Farm Stay is geleë op 'n pragtige werkende plaas in 'n asemrowende omgewing. Verblyf word in 3 volledig toegeruste selfsorgkothuise genaamd Môreson Huis, Môreson Kothuis, Ebeneser Kothuis en 'n gastehuis met 6 slaapkamers en gemeenskaplike geriewe gebied.
Môreson Huis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer is ruim en het 'n stort. Die huis het ook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n helder, ronde tafel waar gaste maaltye kan geniet. Daar is ook 'n onderdakstoep met braaigeriewe.
Môreson Kothuis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed. Albei slaapkamers deel 'n badkamer. Die kothuis het ook 'n oopplan-kombuis en -leefarea, asook buite-braai-area.
Môreson het 2 lieflike ou reservoirs wat omskep is in plonspoele en daar is 'n braai-area.
Ebeneser Kothuis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n klein kombuis-eetkamer en 'n leefarea. Dié kothuis het 'n groot houtdek met 'n plonspoel en 'n pragtige uitsig op die Swartberge.
Avondrust Gastehuis het 4 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie het. Een van die kamers is ook rolstoelvriendelik. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis en 'n skottelgoedwasser. 'n Gesinseenheid met 2 aangrensende en suite-kamers is ook beskikbaar. Buitebraaigeriewe en hout is beskikbaar. Ekstra hout is teen 'n addisionele koste beskikbaar. Verder is daar ook 'n swembad. 'n Maksimun van 12 gaste word toegelaat aangesien daar 10 beddens is.
Gaste kan lekker rondstap op die plaas, die heuwels te voet verken, fietsry in die veld en visvang in die damme. Hardebaarde kan die 20 km lange staproete teen die berg uit aandurf (doen asseblief navraag). Avondrust is 50 km vanaf Prins Albert en net 7 km vanaf die pragtige dorp Meiringspoort. Gaste kan verskeie fietsroetes in die veld aanpak en ons prentjiemooi berge en verskeie bokspesies gadeslaan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 19
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Middelwater-plaas, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
- Gaste dink Avondrust Farm Stay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelwater-plaas, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang