Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Avontuur Gastehuis en Kampterrein

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lotteringskraal 243JP, Zeerust, 2865, Noordwes
  • Vanaf R400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Avontuur Gastehuis en Kampterrein bied bekostigbare oornagverblyf wat 10 km oos van Zeerust geleë is, reg langs die N4. Daar is 'n verskeidenheid diere op die perseel vir gaste om te bewonder en dit is ideaal vir alleenreisigers, of gaste wat op soek is na 'n naweekwegbreek.

Verblyf word gebied in 2 semi-selfsorg-eenhede en 5 kampeerplekke. Die Marlothii-eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke.

Die Karee-eenheid is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die badkamer word met die kampeerterrein gedeel en is toegerus met 'n stort en toilet. Daar is ook 'n kombuisie langs die slaapkamer wat toegerus is met 'n yskassie, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Braaigeriewe is ook vir albei eenhede beskikbaar.

Elke kampplek is toegerus met 'n privaat braai-area en elektriese punt, en het toegang tot die badkamer wat met die Karee-eenheid gedeel word en met 'n stort en toilet toegerus is. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vuurmaakhout en water is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek is ook op die perseel beskikbaar.

Hierdie sonkrag-aangedrewe eiendom word nie deur beurtkrag geraak nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sanlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Lotteringskraal 243JP, Zeerust, 2865, Noordwes
  • Gaste dink Avontuur Gastehuis en Kampterrein het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordwes
Vanaf
Vanaf R 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lotteringskraal 243JP, Zeerust, 2865, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7281f67c212b2944c673d0b1ea0e43b1bbf243fd8cade508febeb91b11307b89a0c7af516de5cd27c5bad179c198403e7cdf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 Lotteringskraal 243JP Zeerust 2865 Noordwes 021 201 8901 13:00-23:00 10:00 -25.524897753202 26.184818051428

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang