Ballito 404
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Patricia-weg 34, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Ballito 404 is 'n ruim selfsorgwoonstel in Ballito, met 'n pragtige uitsig oor die see. Dit is ideaal vir 2 volwassenes, maar 1 kind kan ook geakkommodeer word.
Dié woonstel is goed ingerig, heeltemal privaat en het sy eie ingang. Daar is 'n dubbelbed en 'n kind kan op 'n enkelbed geakkommodeer word. Die badkamer het 'n hoekbad, handstort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n ontbyttafel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see.
Veilige motorhuis-parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Ballito 404 is net 'n paar minute se ry van die strand en verskeie winkels en restaurante af. Ballito bied heelwat doendinge, soos helikoptertoere en mikrovliegtuigvlugte, sowel as besienswaardighede, soos Flag Animal Farm vir die kinders, Ballito Boardwalk, Crocodile Creek, King Shaka Heritage Route en die Ballito Junction & Lifestyle Centre.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Patricia-weg 34, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ballito 404 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Patricia-weg 34, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang