Barbados 13, Caribbean Estate
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barbados 13, Calipso-rylaan, Caribbean Estate, Hoofweg (R61), Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Barbados 13 is 'n privaat selfsorg-villa in die Caribbean Estates, Port Edward, 'n unieke residensiële landgoed wat in die welige, tropiese KwaZulu-Natal se Suidkus geleë is.
Die villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers, waarvan 2 en suite is, asook 'n oopplan-kombuis, eetkamer en leefkamer. Die ten volle toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolf, gasstoof, wasmasjien en 'n tuimeldroër. 'n Platskerm-TV, DStv en 'n DVD-speler word voorsien in die gerieflike leefkamer en die eetkamer is toegerus met 'n eetkamertafel met sitplek vir 6. Die patio buite het ingeboude braaigeriewe en 'n patio-tafel met 6 stoele. Waaiers word in al die slaapkamers voorsien en gaste het ook toegang tot 'n buitestort en 'n toesluitmotorhuis. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien. Caribbean Estates se geriewe sluit in: 'n swembad-kompleks met nog 2 swembaddens op die perseel, tennisbane en 'n klein speelruimte vir kinders. Gaste mag gerus hul eie bote saambring of gebruik maak van die jetski's, bote en ander toerusting oorkant die rivier by Waterworld. Die ontvangs is 24 uur oop en daar is 24 uur-sekuriteit. Alhoewel die villa op die see is, word dit deur welige groen plantegroei teen die seebriesie beskerm. Die strand en rivier is toeganklik via skilderagtige wandelpaadjies deur 'n bewaringsgebied en dis loopafstand vanaf die villa. 'n Verskeidenheid voëlspesies, klein bokspesies en apies kom in die bewaringsgebied voor en is sigbaar van die villa se patio af.
Caribbean Estate is 4 km noord van Port Edward, 'n klein vakansiedorp met witsandstrande en het uitstekende visvanggeleenthede. Dit is ook net 5 minute se ry vanaf die Wild Coast Sun Hotel and Casino met doendinge soos watersport, perdry en gholf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Barrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Barbados 13, Calipso-rylaan, Caribbean Estate, Hoofweg (R61), Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Barbados 13, Caribbean Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rennies Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barbados 13, Calipso-rylaan, Caribbean Estate, Hoofweg (R61), Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang