Bare Feet Retreat B&B
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushy Grove 7, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bare Feet Retreat is ’n klein, unieke B&B met 3 slaapkamers vir 'n maksimum van 8 gaste. Dit is in die pragtige buurt Freeland Park, Scottburgh geleë. Vanuit die leefarea, ontbytarea en swembad bied die verblyf ’n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan en Aliwal Shoal-koraalrif, 1 van die top 10-duikplekke in die wêreld.
Bare Feet Retreat is in ’n tropiese tuin geleë en bied afgesonderde verblyf, hoë-gehalte persoonlike diens en 'n oog vir detail. Dis die ideale vakansieverblyf vir aktiewe gaste wat hou van duik, voetslaan en bergfietsry. Maar dit is ook ideaal vir sakereisigers wat net die rus en vrede van die kus en die omgewing wil geniet. WiFi is gratis beskikbaar via veseloptika-kabels en elke kamer het 'n platskerm met Netflix-toegang.
Gaste kan etes op versoek bestel: 'n twee- of driegangaandete. Daar is ook braaigeriewe, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware en gaste mag hul eie drankies saambring. Die B&B is slegs 5 minute vanaf die hoofstrand van Scottburgh af sowel as verskeie winkels en restaurante.
Die bekoorlike kusdorpie Scottburgh is net 45 minute se ry van Durban af, al langs die prentjiemooi Suidkus van KwaZulu-Natal.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Frans
- Duits
- Spaans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Sander Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Bushy Grove 7, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Bare Feet Retreat B&B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Scottburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushy Grove 7, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang