Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bateleur Safari Camp

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timbavati Privaat Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
  • Vanaf R13 820 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bateleur Safari Camp bied verblyf wat alles insluit in die wêreldbekende Timbavati Privaat Natuurreservaat. Dié wildernisarea spog met die Groot 5, 'n groot verskeidenheid bokke, meer as 500 voëlspesies, 'n verskeidenheid reptiele, amfibiese diere en ongewerwelde diere. Bateleur Safari Camp strek oor meer as 10 000 hektaar van die reservaat.

Verblyf by dié ekovriendelike kamp beskik oor 7 luukse grasdak-chalets met slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Elke ruim chalet het tentmure en hulle verskil in grootte. Elke tent het 'n gemaklike bed, gehaltelinne, 'n muskietnet, bedkassie, lampies wat met sonkrag werk, kaste, pakplek en 'n waaier wat met sonkrag werk. Kragproppe is beskikbaar om 'n kamera se battery te laai. Elke chalet het 'n privaat buitestort en van die chalets het oop en suite-baddens.

Ontbyt en ander maaltye met 'n verskeidenheid koeldranke word in die eetarea voorgesit. Die hoofkamparea het 'n swembad sonder chemikalieë en 'n dek met 'n uitsig oor die rivierbedding en seisoenale watergat. Daar is ook 'n sitkamer, kroeg, klein biblioteek en 'n sentrale boma met 'n vuurput.

Oggend- en middagwildritte met skemerkelkies kan geniet word. Die ervare gidse moedig ook gaste aan om te wandel en diere te soek en om op wildritte te gaan.

Geen bome is verwyder gedurende die bouproses nie sodat die kamp soomloos inskakel met die omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Melina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Timbavati Privaat Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
  • Gaste dink Bateleur Safari Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 13 820
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 13 820
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timbavati Privaat Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA40c87c2c8685377a407e90fecdacafbd9d1995307171eec6ff4b1717e35d3e2d228548642ecc12777e3349dd72920e4902ea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R13 820 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Timbavati Private Nature Reserve Greater Kruger National Park 1380 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-14:00 10:00 -24.335166763398 31.315389572974

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang