Bayview Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Minnetokkastraat 2, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bayview Apartment is 'n selfsorg-eenheid in 'n veiligheidskompleks in Struisbaai. Die kompleks is 50 m vanaf die strandfront en stapafstand vanaf die hoofstrand. Dié ruim eenheid is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende.
Die eenheid is op die eerste verdieping en het slaapplek vir 6 gaste. Dit is smaakvol versier en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n eetarea tussen die kombuis en die sitarea. Die sitarea het gemaklike banke en 'n TV. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n ingeboude braai en 'n buitenste eetkamerstel. Die balkon bied 'n onbelemmerde see-uitsig.
Beddegoed en handdoeke is ingesluit. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is 'n slim-TV, maar gaste moet asb. hul eie HD-dekodeerder en slimkaart saambring of hul eie Netflix- en DStv-besonderhede gebruik. Explora-dekodeerders werk ongelukkig nie.
Veilige parkeerplek word voorsien.
Struisbaai spog met 'n 14 km-lange strand wat tussen Struisbaai en Arniston strek. Die strand is ideaal vir watersport soos kajakvaart, bootvaart, branderplankry, lyfplankry, visvang en vlieërbranderry, asook skulpversameling, stap langs die strand en walviskyk. Hou jou oë oop vir die pragtige, reuse pylsterte in die water.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Stefan Geverifieer
Eiendomme 39
Resensies 140
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Minnetokkastraat 2, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Bayview Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Minnetokkastraat 2, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang