Beaches and Mountains
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Afrikanderweg 82, Murdoch Valley-Suid, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Beaches and Mountains bied verblyf op 'n residensiële perseel in Murdock Valley in Simonstad, met 'n pragtige uitsig oor die see en op die berg. Die perseel is 1,5 km vanaf die naaste swemstrand, 2,5 km vanaf die Boulders-pikkewynkolonie, 4,5 km vanaf Simonstad se middedorp en 8 km vanaf die ingang van Kaappunt Reservaat.
Verblyf is beskikbaar in 'n woonstelletjie wat grens aan die hoofhuis met 'n privaat ingang en kombuis en 'n Rustieke Houthuisie met 'n privaat tuin vir avontuurlustiges. Elke eenheid word met 'n trappe bereik. 'n Nuwe kombuisie is pas geïnstalleer. 'n Regte uitsigplek.
Die woonstelletjie het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, yskas, ketel, broodrooster, elektriese braaipan, induksieplaat, opwasgeriewe, kookgerei, eetgerei en breekware toegerus is. Ander geriewe sluit 'n TV met DStv en 'n DVD-speler, WiFi en braaigeriewe in. Beddegoed, badhanddoeke en tee, koffie, water en versnaperinge word voorsien. 'n Haardroër en stryk- en wasgeriewe is beskikbaar.
Die Rustieke Houthuisie het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die eenheid het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, yskas, ketel en broodrooster toegerus is. Volledige kookgeriewe is beskikbaar in die hoofhuis. Ander geriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler, WiFi en braaigeriewe in. Beddegoed, badhanddoeke en tee, koffie, water en versnaperinge word voorsien. 'n Haardroër en stryk- en wasgeriewe is beskikbaar.
Die eienaars woon in die hoofhuis en help graag met enige navrae.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Duits
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Don Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 44
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Afrikanderweg 82, Murdoch Valley-Suid, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Beaches and Mountains het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Murdock Valley Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Afrikanderweg 82, Murdoch Valley-Suid, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang