Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beautiful Horizons

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergstraat 4, Horizon Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Beautiful Horizons bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde woonstel met 'n asemrowende see-uitsig in 'n goedversorgde kompleks in Blouberg. Die kompleks bied 24 uur-sekuriteit en is net oorkant die pad van Blouberg se strandfront geleë.

Die woonstel op die vyfde verdieping bied slaapplek aan slegs 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met ingeboude kaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Hierdie slaapkamer lei na 'n balkon met 'n lieflike uitsig oor die strand. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte, privaat badkamer. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die woonstel beskik oor 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond in, en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Die leefarea lei na 'n groot balkon waar gaste aan skemerkelkies kan teug terwyl hulle die uitsig oor die see met die talle vlieërbranderryers kan bewonder.

Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad en 'n koffiewinkel, restaurant en haarsalon op die grondverdieping, en dit is lekker naby restaurante en winkels geleë.

Die eenheid is op die vyfde verdieping en kinders moet dus op die balkon onder volwasse toesig wees.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Warmbad

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.3/5

Pamela Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Blaauwbergstraat 4, Horizon Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergstraat 4, Horizon Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd67550e56c083ff8a74d82f16e2d4d7cc74891932dc2f292b66de4a0ffbb87ffd7b9f1944f285504135fc0421ab4b175e0d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4) 4 Blaauwberg Road Horizon Bay 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.82222105273 18.4778088

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang