Belle Vue Selfsorg
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaaimanslaan 23, Fraaiuitsig, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Belle Vue Selfsorg is 'n gerieflike, ruim en netjiese selfsorg-eenhede met sy eie privaat ingang wat in Fraaiuitsig geleë is. Die eenheid is stapafstand van 290 m van die see af en verder is daar 'n veilige getypoel. Dit is 900 m vanaf die Fraaiuitsig-winkelsentrum, 2 km vanaf die Kleinbrak-swemstrand met lewensredders.
Dit bied gaste die opsie van 2 eenhede.
Belle Vue 1 selfsorg kan tot 6 gaste akkommodeer en beskik oor 2 ruim slaapkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Daar is 'n ekstra gastetoilet. 2 gaste kan op 'n dubbelslaapbank in die sitkamer geakkommodeer word.
Bellavue 2 Woonhuis het slaapplek vir altesaam 4 gaste. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die gedeelde badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die sitkamer is toegerus met 'n volledige DStv-pakket vir vermaak.
Belle Vue Selfsorg is 8 km vanaf Hartenbos, sowat 15 km vanaf Mosselbaai en 48 km vanaf George. Daar is baie besienswaardighede in die area insluitend die Zipline in Mosselbaai, St Blaize-staproete vanaf Mosselbaai-punt na Dana Bayi, Dias Museum, 'n waterpark en meer.
Kom geniet 'n heerlike ontspanne vakansie in die pragtige Suid-Kaap.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anlerie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Kaaimanslaan 23, Fraaiuitsig, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
- Gaste dink Belle Vue Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fraai Uitsig Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaaimanslaan 23, Fraaiuitsig, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang