Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergliot Guest House

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.7
Mike B
Kort verblyf Besigheidsreis
1.4
Mrt 2022

Glad nie voldoen aan my verwagtings nie. Kamer was sonder lugversorging, het eienaar ingelig, sy het belowe om te reg te stel, maar het nie. Kamer was vuil en ontbyt bedien sonder keuse. geen water in kamer nie en yskas was glad nie aan nie. Geen persoonlike interaksie met kliënte nie, onaangename ervaring.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Heleen
Bergliot Guest House
Goeiedag Mike Kritiek is altyd welkom, mits dit eerlik en deursigtig is. Jy word met aankoms 28 Maart, deur my bestuurderes ontvang, verwelkom, na jou kamer geneem, op presies dieselfde manier waarop elke ander gas verwelkom word. As jy kan onthou, ontmoet ek persoonlik my gaste, onder andere jy, vroeg Dinsdagoggend 29 Maart. Jy sal ook die omstandighede onthou. (Nie die platform om te noem dat ek het met krukke geloop het, na n ernstige voetoperasie nie. Steeds, ek het uitgegaan en my gaste , jy inkluis, ontmoet. ) Nadat jy die eerste oggend uitwys dat daar nie n lugversorger-afstandsbeheer vir jou kamer is nie, sal jy onthou dat ek sonder versuim verskoning aanbied, verduidelik dat die beheerders soms uit die kamers verdwyn, die beheerder moet bestel word, dus nie dieselfde dag beskikbaar gaan wees nie. Jy sal ook onthou dat ‘n gas, goedgunstiglik aanbied om sy kamer se beheerder tot jou beskikking te stel. Ek verstaan goed, nie sy plig nie, myne. Onder die omstandighede, ‘n oplossing en goeie gebaar van hierdie gas. Ons ontbyt bestaan standard uit ‘n verskeidenheid brood, verskeidenheid ontbytgraan, verskeidenheid vrugte, joghurt, vars melk, sap, water, kitskoffie, masjienkoffie. En dan ‘n warm voorbereide ontbyt wat afgewissel word, elke nuwe dag. Ek twyfel en verskil ten sterkste dat jou kamer vuil was. Na aanleiding van jou klagte, is ek oortuig jy sou my onmiddellik daarop gewys het in dieselfde gesprek hierbo verwys. Ek twyfel en verskil ten sterkste dat jou kamer nie water gehad het nie. Ook hier is ek oortuig dat jy my onmiddellik hiervan in kennis sou stel. Of kan dit dalk wees dat jy nie noem dat jy permanente toegang tot 'n elektriese waterfontein in die eetkamer gehad het, waar jy soveel water kon verbruik, as wat jou hartsbegeerte was nie? Gratis. Meer as die standaard waterbottel vereis by vierster+ verblyf. Ek twyfel nie daaraan dat jou yskas afgeskakel was nie. Ons skakel dit af na elke gas se vertrek. Dis elke gas se vrye reg om te besluit of hy/sy die yskas nodig het al dan nie. Skakel hom gerus aan of los hom af, na jou behoefte. Persoonlike interaksie by hierdie gastehuis is streng professioneel. Jy is met jou aankoms verwelkom. Jy is die volgende oggend weer persoonlik genader, hierbo verwys. En jou verblyf was verby na dag twee. Die aanmerking dat daar geen persoonlike interaksie met (kliente) gaste was nie, maak my uiters, uiters ongemaklik voel. Ek is werklik nie seker wat met hierdie stelling bedoel word nie. ‘n Nare ondervinding inderdaad.

Marnus V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2021

Voel sommer tuis. Bergliot B&B het ons sommer dadelik laat tuis voel. Kamer was mooi netjies en skoon. Bergliot is ons nuwe tuiste as ons reis. Dankie Heleen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Amanda M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Baie aangename verblyf. Die ontbyt is fantasties met die lekkerste plaatkoekies en konfyt.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louise H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2018

Gemaklik, skoon en rustig. Van die oomblik wat ons 'n vroeër bespreking versoek het, het ek geweet ons is tuis. Niks was 'n probleem nie. Ons gasvrou was baie vriendelik en verwelkomend. Die kamers was baie netjies en skoon en alles wat ons nodig gehad het was daar. Dit was lekker om die ontbyt ingesluit te hê en alles wat jy wil hê is in die eetkamer. Ek kan die lieflike plek beslis aanbeveel. Ons sal dit beslis op ons lysie sit om weer te besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Heleen
Bergliot Guest House
Hi Louise Thank you for your kind words. We were happy to meet you guys and hope to see you again in the near future. Heleen

Ada B
Kort verblyf
4.4
Feb 2016

Fantasties! Baie mooi met vriendelike personeel en 'n goeie ligging. Dis nie ver van die lughawe af nie en die swembad en tuin is wonderlik. Hulle gee 'n goeie ontbyt.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christo S
Kort verblyf
4.8
Nov 2015

Uitstekende verblyf! Het hier oornag tydens studies en was baie beïndruk, veral met die eienaar se bereidwilligheid om te help aangesien ek op 'n laat vlug na Johannesburg was.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Heleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 380
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 380
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Cabot Laan, , Edenvale, 1610, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE3YTljMmE4LTM4MzUtNGFjYy1iZTJjLTMxYjk4ZTBhODBmYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 380 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 7 Cabot Avenue Eastleigh Ridge 1610 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.126497499352 28.151360750198

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang