Bestuis Cottages
- Kapasiteit: 23 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bestuis Plaas, Proteaweg, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bestuis Cottages is sentraal in die Boland, tussen Stellenbosch en die Paarl op die Bestuis-vrugteplaas geleë. Dit is 15 km vanaf Stellenbosch en die Paarl en 30 km vanaf Franschhoek, 35 km vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe, en 45 km vanaf die bekende V&A Waterfront.
Daar is 4 eenhede wat elk 'n uitsig oor die dam bied. Die 5de eenheid (Die Leeu) is in die middel van die plaas geleë en het nie n uitsig oor die dam nie. Dit het 'n omheinde tuin met 'n uitsigte op die berge.
Die Walvis beskik oor 2 pragtig gemeubileerde slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed en bied toegang tot die gastebadkamer wat 'n stort, wasbak en toilet het. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die Luiperd en Die Otter is eenslaapkamereenhede en beskik elk oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die koninggrootte-bed kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die Vis beskik oor 2 pragtige slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamer gebruik 'n gastebadkamer wat 'n stort, wasbak en toilet het. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die Leeu beskik oor 3 slaapkamers en 'n ekstra kamer, 2 badkamers, 'n leefarea met 'n oopplan-kombuis en 'n eetarea. Elkeen van die 3 groter slaapkamers het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die vierde slaapkamer (ekstra kamer) het 2 enkelbeddens. Albei badkamers het 'n toilet, wasbak en stort. Dié kothuis bied 'n uitsig op die berge en het 'n privaat tuin.
Dié verblyf is ideaal vir gaste wat smag na die rus en vrede van 'n plaas, maar wat ook naby talle besienswaardighede in die Boland wil bly. Daar is 'n rits geriewe, wat stap in die boord, bergfietsry van plaas tot plaas en visvang in die dam insluit.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 46
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Bestuis Plaas, Proteaweg, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
- Gaste dink Bestuis Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klapmuts Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bestuis Plaas, Proteaweg, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang