Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Biesiespoort Guesthouse

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Hanli G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Salig, luuks en sommer net lekker! As ek kon, sou ek Biesiespoort 10 sterre gegee het! Ons is hartlik ontvang en die gasheer het dadelik 'n plan gemaak toe ons (te laat) besef ons gaan nie iets te ete in Loxton kan koop nie. Daar is soveel aandag aan detail gegee. Top gehalte linne, eetgerei, dekor, geurkerse, ens. Selfs vars blomme in die huis. Die huis het alle verwagtings oortref en die rustigheid op die plaas was voorwaar net wat ons nodig het om van alle stres ontslae te raak. Wens ons kon nog langer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Beste Hanli, Ons is so bly julle het julle besoek aan Biesiespoort Gastehuis geniet. Ons sien uit na julle volgende kuier in die Karoo.

Gerhard S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Sielsverkwikkend. Bederf. Hierdie verblyf was vir ons die heel beste wat ons ooit gehad het. Hoekom? Die grootte van die huis, die fasiliteite, die liefde waarmee alles gedoen is, die diepe bedagsaamheid waarmee alles gedoen is van die ontvangs tot by die dekor en die fasiliteite (bv. die sterk flitsliggies langs die kaggel in die voorportaal!) het ons heeltemal oorweldig en stomgeslaan. Kon die spasie en netheid en smaakvolheid nie glo nie. Die stilte was 'n berusting vir die siel en 'n lafenis na 'n vermoeiende vakansie. Ons was net twee mense en het nie die boonste verdieping se kamers gebruik nie. Ons wou graag nog 'n nag bly, maar daar was gaste wat bespreek was vir die volgende aand ongelukkig. Ons sal weer hier kom oorslaap - enige tyd as ons kan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

De Wet C
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Die gastehuis is wonderlik en die gasvrou het ons laat tuis voel! Dit was ongelooflik lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hannes D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Uitstaande gasvryheid! Ons het een nag by Biesiespoort Guesthouse oorgeslaap en het dit baie geniet. Het die gasvryheid van die gasheer baie geniet en waardeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Helené G
1 nag Saam met vriende
5.0
Des 2023

Hoogtepunt ondervinding. Sal hul weer gebruik. Was 'n wonderlike ondervinding. Heerlik gebly. Alles mooi en netjies. Behoorlike Karoo-gevoel op die plaas!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlotte W
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Biesiespoort het die mooiste grasie en hartlike liefde van die Karoo. Biesiespoort het ons hartlik ontvang met gasvryheid. Die akkommodasie bied home away from home - alles wat jy nodig het en nog meer! Ons het gesmul aan die lekkerste tuisgemaakte skaapwors, chops en potbrood. Ons het die voorreg gehad om betyds te wees vir die lamseisoen wat die kinders hoogs geamuseer het. Die nag het ons met asemrowende sterre beklink. So 'n mooi plek. Ons gaan definitief dit ons gereelde stop maak tussen JHB en Kaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christiaan D
Kort verblyf
5.0
Des 2023

Loxton gasvryheid op sy beste. Biesiespoort is asembenemend mooi en rustig. Biesiespoort is 'n pragtige nostalgiese afpakplek wat onlangs nuut opgeknap is, met 'n vergrote toegeboude kuierstoep en braaigeriewe vir die bobaas braaier. Die dekor en algehele gebruiksgemak is fantasties en alle gerieflikhede en ekstras is beskikbaar. Die fraaie Karoodorpie Loxton is 'n klipgooi weg. Hanneke is 'n uitstekende gasvrou wat altyd beskikbaar is om te help of raad te gee oor die dorp en omgewing. Moenie hierdie pragtige plek verbyry nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Evelyn S
1 nag Saam met vriende
5.0
Mrt 2023

Heerlik rustig. Ek sal tog die volgende aanbeveel: 'n sakkie hout en blitz. Oorweeg 'n toilet op boonste vloer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Danelle L
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Feb 2023

"All in one" akkommodasie met baie ruimte vir beweging na 'n lang dag op die pad. Ons het net een nag oorgeslaap, maar alles in die huis was voldoende en in goeie werkende toestand. Lannice het ons sommer van vroegdag voor ons aankoms welkom laat voel via WhatsApp en ook baie vriendelik ontvang toe ons daar aankom. Kan dit enige tyd vir 'n gesin met kinders aanbeveel. Kan wel een voorstel maak - omskep sitkamer in 'n 3de slaapkamer vir daardie persoon wat nie in staat is om trappe te klim nie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Hi Danelle, dit was so lekker om julle hier te hê. Dit is beslis in die beplanning om 'n 3de slaapkamer op die onderste vloer in te rig. Ek hoop om julle weer te sien. Groete. Lannice

Alice D
1 nag
2.8
Mrt 2023

Very old and dirty. Very old and dirty. No possible to close the main door with the key.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Hi Alice, I am so sorry to hear that you are so disappointed. I personally checked everything before you came and made sure that everything is clean and neat. The only thing out of my control, is the porch which we clean several times a day before guests check in. As it is on a farm with a lot of trees, we do struggle with the leaves that fall down. Again, I am very sorry. I honestly thought from your comments when you were here that you were very happy. I would have attended to any matter that bothered you if I had known.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Hanneke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R3 750
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R3 750
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Biesiespoort Plaas, Loxton, 6985, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56616eb78325f799590c3e913edca9a747d02e0f98141b1516416be4df4e48d3720d9df15945299f250075c9182a59067ab2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 750 per nag, vir 6 mense 17 5 1 5 Biesiespoort Plaas Loxton 6985 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.470912069627 22.376130120963

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang