Bleshoender Accommodation
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Bleshoender Accommodation is 'n selfsorg-eenheid wat in Sedgefield, in die hartjie van die Tuinroete, geleë is. Dit is 25 km van Knysna af, en 35 km vanaf George. Dit is die ideale beginpunt vanwaar die Tuinroete verken kan word. Mosselbaai, Hartenbos, Oudtshoorn, Plettenbergbaai, Buffelsbaai, Brenton-on-sea, Wildernis, Victoriabaai, Heroldsbaai, Groot-Brakriver, Klein-Brakriver en Glentana is minder as 'n uur se ry ver. Stormsrivier en die hoogste reksprong is net 110 km ver, of gaste kan die langste zipline oor die see by Mosselbaai aandurf.
Gerieflike verblyf word vir 2 tot 3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders in 'n woonstelletjie onder die privaat hoofhuis aangebied. Die kamer beskik oor 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Gaste moet hulle eie beddegoed, kussingslope en strandhanddoeke saambring. Badhanddoeke, kussings en komberse word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, braaipan, broodrooster, toebroodjierooster en 'n tweeplaatstofie en oondjie. Die badkamer het 'n groot stort. Daar is ook WiFi en 'n TV met 'n volledige DStv-pakket.
Skottelgoed moet in die buitewasarea gedoen word aangesien daar nie geriewe binne of plek daarvoor is nie.
Aangesien die eenheid op 'n pypsteel geleë is, is daar geen veilige plek vir klein kinders om te speel nie, die omgewing is in vlakke en die oprit is baie steil. Kinders moet te alle tye deur volwassenes vergesel wees.
Daar is ook braaigeriewe buite voor woonstel. Ongelukkig is daar nie parkeerplek vir sleepwaens, bote, ekstra motors of karavane nie.
Die instansie is in die pragtige dorpie Sedgefield geleë en beskik oor uitstekende uitsigte, 'n stil atmosfeer en 'n hele klomp voëlspesies. Dit is minder as 2 km van 'n pragtige strande, die strandmeer en winkels af. Oor die naweek is die gewilde Wild Oats-, Mosaic-, en Scarab-markte oop en besoekers reis van oraloor om elke Saterdag dié markte by te woon.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 44
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Bleshoender Accommodation het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang