Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blue Haven

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyftiende Straat 10, Shelly Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 R2 975 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Blue Haven bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdieping gesinsvakansiehuis wat in 'n stil doodloopstraat binne die veilige Shelley Point Gholflandgoed aan die Weskus geleë is. Hierdie huis bied pragtige sonsopkoms-uitsigte oor die see van Stompneusbaai, wat dit 'n ideale keuse maak vir 'n kuswegbreek.

Dié eiendom kan altesaam 6 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 en suite-slaapkamers asook 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep is, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Die en suite-badkamers het óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en skottelgoedwasser ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die aangrensende sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die glasskuifdeure is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek, 'n Jacuzzi en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy kwaliteittyd saam met familie en vriende geniet. Die huis is gerieflik geleë sowat 100 m vanaf die naaste afgesonderde strand binne die Shelley Point Estate. 'n Rugsteunoplossing is in plek om seker te maak dat gaste nie deur beurtkrag geraak sal word nie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Blue Haven
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Vyftiende Straat 10, Shelly Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blue Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
R3 500 R2 975
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
R3 500 R2 975
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyftiende Straat 10, Shelly Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA874474cffa4c3b309bfd5d903e729fe6de129283f41d0d3830dd469ba43cd384feab1b25fdbe305477378a8956ef1ba799af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 500 nouVanaf R2 975 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 10 15th Street Shelley Point 7382 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.709746301113 17.976856820936

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang