Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bolivia Lodge

  • Kapasiteit: 148 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 162, Tweefontein (R81), Polokwane, 0699, Limpopo
  • Vanaf R885 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Vir die perfekte balans tussen 'n volwaardige konferensiesentrum met 14 verskillende venues en akkommodasie-opsies om al jou behoeftes te pas, is Bolivia Lodge nét die opsie vir jou. Bolivia Lodge is gerieflik geleë op 'n kleinhoewe aan die oostelike kant van Polokwane op die Modjadjiskloof-pad, sowat 6 km van Polokwane se besigheidsdistrik af, 20 minute van die Polokwane Internasionale Lughawe af, en net 700 m van Mall of the North af.

Bolivia Lodge is bekend vir sy rustige bosveld-atmosfeer en is die ideale opsie vir enige tipe geleentheid of konferensie met akkommodasie-opsies om die ervaring nog beter te maak.

Ons het 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies: Luukse eenhede, Standaard-eenhede en Sakpas-eenhede.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort en bad, en 'n keuse van enkelbeddens, dubbelbeddens of koningingrootte-beddens in die kamers, 'n TV met DStv en gratis WiFi, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook bystand kragopwekkers (diesel) indien beurtkrag toeslaan.

Daar is voldoende veilige parkeerplek sowel as 24 uur-ontvangs beskikbaar. Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, kroeg, lugtyd-koopmasjien en klein kiosk in.

Die konferensiesentrum kan 8 tot 1400 gaste akkommodeer, afhangende van die tipe geleentheid (troues, konserte, uitstallings, bekendstellings, gala-geleenthede, spanbousessies en vergaderings inkluis). Ons het 2 kragopwekkers byderhand indien die krag vir een of ander rede probleme gee.

Bolivia Lodge bied 'n gratis minibus-pendeldiens na en van die winkelsentrums, lughawens, busstasies en sportstadions op versoek aan.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.8
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Shirley S
Besigheidsreis
5.0
Vriendelik. Welkom. Netjies. Vir seker lekker (ge)slaap!
Sep 2024
Debbie C
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent! Excellent as always!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Nolene B
4.8
Baie gerieflik. Die eenheid was baie ruim en gerieflik, maar geensins die eenheid wat op die webtuiste aangedui word nie. Die foto's van die eenheid e...
Sien meer
Jun 2023
Twanette S
Saam met lewensmaat
4.6
Netjiese verblyf en goeie ligging. Bolivia se akkommodasie was skoon, netjies en veilig gewees. Ons het slegs daar oornag en dit het voldoen aan al on...
Sien meer
Jul 2024
Jaco M
Gesin met klein kinders
4.4
Heerlik gebly. Uitstekende kamer en netjiese perseel.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Chrezanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Plot 162, Tweefontein (R81), Polokwane, 0699, Limpopo
  • Gaste dink Bolivia Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 885
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 885
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 148 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 162, Tweefontein (R81), Polokwane, 0699, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb4299eba400e383216df112a27759e86d3fad1880bc2cfb7f782bf50408e8e26a112cf85188c44b1d614d9f9b5eaabe65c3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R885 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 Plot 162 Tweefontein (R81) 0699 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -23.879297924992 29.515466948651

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang