Bona Ntaba Tree House Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erf 148, Guernsey Privaat Natuurreservaat, 40 km vanaf Hoedspruit, 1310, Limpopo
- Vanaf R1 190 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bona Ntaba Tree House Lodge is naby Hoedspruit in 'n privaat wildreservaat en bied gaste die geleentheid om die atmosfeer van die Suid-Afrikaanse Bosveld by 'n rustige lodge te ervaar.
Die lodge het unieke selfsorgboomhuis-chalets en 'n sentrale, gemeenskaplike gebou. Die 2 boomhuise het privaat kombuise en bomas. Gaste in die ander 2 eenhede deel 'n groot kombuis en 'n boma by die Lounge-gebou. Die hele kamp kan vir 'n privaat vakansie bespreek word.
Elke boomhuis-chalet het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n buitestort. Linne en muskietnette word voorsien en die vensters is met gaas bedek. Elke eenheid het ook 'n privaat dek wat 'n lieflike uitsig op die bergreeks, sonsondergang en bosveld bied. Die eenhede word daagliks skoongemaak.
Die sentrale lodge is tussen die boomhuise geleë en het 'n groot, ten volle toegeruste kombuis met 'n toesluitkas en yskas vir elke boomhuis, asook 'n eet- en sitarea. Die plonspoel met 'n dek is by die sentrale hoofgebou geleë en al die gaste kan dit benut.
Kom kyk hoe die son aan die einde van die dag agter die bergreeks inkruip, terwyl wild, soos kameelperde, sebras en ander diere, deur die kamp wandel en die watergat en plonspoel besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 79
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Erf 148, Guernsey Privaat Natuurreservaat, 40 km vanaf Hoedspruit, 1310, Limpopo
- Gaste dink Bona Ntaba Tree House Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Hoedspruit Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erf 148, Guernsey Privaat Natuurreservaat, 40 km vanaf Hoedspruit, 1310, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang