Bosavern Guest House
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cutty Sark-laan 38, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bosavern Guest House is aan die noordelike kant van die Piesangvallei in Plettenbergbaai. Dit bied panoramiese uitsigte oor die vallei en gholfbaan en word deur die Robberg-natuurreservaat, Robbergstrand en die baai omring.
Hierdie moderne multiverdieping-gastehuis bied lieflike kamers en meeste kamers lei na die swembad en die ander kamers lei na die stoep op die boonste verdieping. Die kamers bied 'n see-, swembad en berg-uitsig. Die kamers het lugversorging en 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kamers het 'n volle en suite-badkamer of net 'n stort. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe, yskassies, TV's met sekere DStv-kanale, WiFi en kluise.
Die gemeenskaplike hoofleefarea het 'n sitarea, kroeg, kaggel, oopplan-eetarea en glasvensters. Die swembad-dek is ideaal vir 'n skemerkelkie en daar is veilige parkeerplek agter 'n hek. Die verblyf word nie deur beurtkrag geraak nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Cutty Sark-laan 38, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cutty Sark-laan 38, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang