Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harteliefhuisie

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 120 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Adriaan C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Net vreugde, geluk en liefde. Harteliefhuis was so spesiaal vir Valentynsnaweek. Ons wou nog soveel meer doen, maar die reën het ons gekeer. Nog 'n rede om weer terug te gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
So bly julle het lekker gebly in Hartelief huisie vir Valentynsnaweek, ten spyte van die reën. Julle is altyd weer welkom! Bosveld groete

Chris N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Ons seun en sy bruid sê dit was die beste deel van hulle honeymoon. Daar is alles wat 'n bruid gelukkig kan maak - netjies, rustig, veilige plek en diere wat kom kuier het. Piet en Carolien is wonderlike gashere. Daar is selfs 'n plek beskikbaar waar die nat swemhanddoeke opgehang kan word vir droogword. Baie dankie vir 'n plekkie in die natuur om lewe saam te kan begin.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Goeiedag, Chris. Ag, dis hartverwarmend om so lekker terugvoer te lees. Dis vir ons so lekker om ander se harte gelukkig te maak by Harteliefhuisie en die mooi natuur. Mag hul harte gevul bly met liefde die res van hopelik 'n lang, gelukkige en geseende huwelik! Baie geluk nog.

Elsje K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Onoortreflike bosveld belewenis! Nie lekke gebly nie – LEKKE-STE gebly! Ons besoek gereeld 'n nuwe plekkie op die webtuiste en Harteliefhuisie is by verre ons gunsteling. Ons is met ongelooflike natuurskoon en stilte begroet en vandaar was alles net wonderlik. Lieflike huisie met alles wat jy nodig het – ons het veral die filter-koffie masjien, skerp messe en alle kombuis toerusting (van goeie gehalte) waardeer. Die dekor pas pragtig by die naam en is met 'n hand van liefde gedoen. Die boma is baie netjies en 'n heerlike kuierplek – so ook die plonspoel! Die staproetes na die dam en omgewing is 'n belewenis – dit voel of jy in 'n woud stap. Baie wildsoorte en spore van selfs bruin hienas op ons staproetes gekry. Die sterre snags het ons laas so mooi in Namibië gesien. Ons gaan verseker weer Harteliefhuisie besoek om die "Gorge" te stap en die stadslewe uit ons hare en harte te kry! Baie, baie dankie Piet en Carolien vir hierdie juweel wat jul met almal deel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Beste Elsje, wat 'n voorreg om sulke gawe gaste te kon huisves. Ons waardeer julle komplimente, en dat julle die klein dingetjies ook raakgesien het. Dis net 'n vreugde om hierdie mooi plekkie en bosveld met ander te deel wat ook die natuur waardeer. Kom ontspan gerus weer! Bosveldgroete, Piet en Carolien

Johann J
Kort verblyf
5.0
Des 2024

Heerlik en rustig. Pragtige plek en sal dit aanbeveel vir enige iemand wat lekker wil rus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Baie dankie vir die puik resensie! Ons waardeer dit wanneer ons gaste so lekker kuier en rus in Hartelief Huisie. Julle is altyd weer welkom. Bosveld groete en 'n geseende nuwe jaar!

Florence G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Ons liggaam, siel en gees is gevoed. Wat 'n juweel. Baie netjiese en oulike huisie met alles wat jy nodig het. Wonderlike natuurskoon en klein wild met voëlgesange wat jy per voet kan waardeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Dankie vir die wonderlike resensie! Ons waardeer dit so baie dat julle ons Bosveld huisie geniet het. Julle is altyd weer welkom. Geseende Kersfees! Bosveld groete!

Rikus G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Lekkerste ontspan en wegbreek by 'n pragtige area. Was die lekkerste naweek, so lekker ontspan, wou nie huistoe nie. Wil net vir die eienaars baie dankie sê dat ons die naweek daar kon spandeer. Alles was daar wat ons nodig gehad het, en wat 'n wegbreek en ontspan weg van die besige lewe af. Julle plekkie is awesome, sien julle gou weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Baie dankie vir die puik resensie! Ons is dankbaar dat julle die wegbreak so baie geniet het en lekker ontspan het. Julle is altyd weer welkom by Hartelief Bosveld groete

Theo V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Perfekte wegbreek om te rus en te ontspan. Baie lekker gebly en ons batterye weer herlaai. Het die gerieflike huisie, stilte en vrede asook die verskeidenheid van diere en voëls geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Baie dankie vir die pragtige resensie! Ons waardeer dit baie dat julle lekker kon rus by Hartelief Huisie Julle is altyd weer welkom. Bosveld groete

Corné E
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Ons sal beslis weer 'n draai kom maak by Harteliefhuisie! Baie lekker gekuier, huis baie gerieflik en netjies, baie rustig en mooi natuur en pragtige diere gesien!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Baie dankie vir die puik resensie! Dit word baie waardeer. So bly julle het lekker gekuier by Hartelief en julle is altyd weer welkom Bosveld groete

Paul V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Lekker plekkie om te gaan ontspan en uit te rus! Heerlik rustig, weg van die gewoel en in die bos - met alle geriewe wat nodig is. Baie stapplek, wild om te sien. Die klofie is pragtig! Sal weer daar gaan oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francie W
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Sal weer gaan kuier. Ons het baie lekker gebly. Dit is rustig en as jy 'n plek soek om te ontspan, is die huisie vir jou. Baie goed toegerig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Harteliefhuisie
Baie dankie vir jou mooi terugvoer. Ons waardeer en is baie bly dat jul rustig kon ontspan. Hopenlik as jul weer 'n keer kom is die veld groen van goeie reën. Mooi bly.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Carolien Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 295

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f95da90525a12718228c2dd2bd670a955400d8f8722de95c5ec8100fe8534b2766db39d1ee8e4f568ac202519e2c6e3c76e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag, vir 4 mense 120 5 1 5 Off the R101 Verloren 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.79816860679 28.363676583813

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang