Harteliefhuisie
Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
Vanaf
R950R808 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Harteliefhuisie bied uitstekende verblyf aan 4 gaste op 'n privaat wildsplaas in die Waterberge, net 75 minute se ry vanaf Pretoria.
Die lieflike meerverdiepingkothuis is ideaal vir natuurliefhebbers en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en die solderkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, en alle linne en handdoeke word voorsien; gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatgasstoof, 'n yskas en 'n klein vrieskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat met 'n TV ingerig is en na die patio oopmaak.
Die kothuis het ook 'n privaat boma met houtvuurbraaigeriewe, asook 'n gasbraai, en gaste kan gebruik maak van 'n privaat swembad langs die kothuis vir daardie warm somersdae. In die droë wintermaande geld streng vuurmaakreëls. Gaste is welkom om hul eie fietse saam te bring om die plaas te verken, en die plaas het 'n elektriese heining, asook 24 uur-sekuriteit.
Die plaas bied 'n verskeidenheid doendinge wat wissel van stap, fietsry, voëlkyk, fotografie en hul eie wildritte. ’n Verskeidenheid diere kan gesien word soos koedoes, rooibokke, kameelperde, rooihartbeeste, sebras, blouwildebeeste, en as gaste gelukkig is sal hulle saans ’n erdvark of hiëna kan sien. Die plaas het ook 'n verskeidenheid voëlspesies en boomspesies wat uitgeken kan word.
Hierdie romantiese kothuis is gemaak vir 'n bosveld-wegbreek ver van die stad se gewoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Carolien Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 278
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Harteliefhuisie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang