Bougainvillea 1
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Des 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bougainvilleas-kompleks, Dolphin-singel 26, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 590R3 231 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bougainvillea 1 is in 'n veilige kompleks in Ballito geleë, sowat 500 m vanaf Thompson's Bay Beach. Dié verblyf is ideaal geleë in 'n area waar gaste kan deelneem aan doendinge soos gholfspeel, snorkel en fietsry.
Dié selfsorg-eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer is op die solder op die boonste verdieping en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, elektriese stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel met stoele waar etes geniet kan word en die leefarea is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Ingeboude braaigeriewe en gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die skuifdeure maak oop na die balkon met 'n buite-etenstafel en stoele. Daar is 'n onderdakparkeerplek vir slegs 1 voertuig en gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 145
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Bougainvilleas-kompleks, Dolphin-singel 26, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bougainvilleas-kompleks, Dolphin-singel 26, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang