Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Braai-Paradys Vakansiehuis

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 107, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 300 R2 970 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Braai-Paradys Vakansiehuis is in Struisbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is lekker naby restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Hierdie vakansiehuis het slaapplek vir 11 gaste. Die huis beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers, 2 sitareas en 'n oopplan-kombuis met 'n leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed, en die vierde en vyfde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Van die 4 ander slaapkamers het 2 van hulle en suite-badkamers en die ander 2 deel 'n aparte badkamer. Elke badkamer het 'n stort of 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitareas het gemaklike rusbanke en TV's met DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die ruim braaikamer maak hierdie vakansiehuis spesiaal. Die braaikamer is lekker groot en het 'n ingeboude braai wat dit die ideale plek maak om 'n maaltyd saam met die gesin of 'n groep vriende voor te berei. Alle braaigeriewe word voorsien. Daar is ook 'n TV met DStv in die braaikamer met skuifdeure.

Die vakansiehuis strek oor 2 erwe, waarvan een 'n grasperk van 1000 m² is wat ideaal is vir kinders wat wil fietsry of balsport wil speel. Daar is 'n hek by die ingang wat saans gesluit kan word, en 'n alarmstelsel wat aan 'n sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.

Braai-Paradys Vakansiehuis is 400 m van die beroemde Struisbaai-hawe af. Daar is 'n restaurant, 'n strand vir klein kinders om in te swem, en 'n gewilde visvangarea by die hawe. In die teenoorgestelde rigting is die vakansiehuis 400 m vanaf Skilpiesbaai. Die huis is in die hoofstraat geleë en lekker naby die plaaslike kruidenierswinkel. Die huis is 5 km vanaf Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, en oorkant die pad vanaf 'n skoonheidsalon en sauna.

Kamer-opset

Slaapplek vir 11 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Evert L
Saam met vriende
5.0
Voldoende braai- en kuierareas en hoekie v leser en peinser. Netjies, volledig toegerus. Ideaal vir 'n gesinsnaweek.
Aug 2024
Enrico D
Saam met vriende
5.0
Beste plek wat ek al ooit gebly het. Baie netjies en skoon en ruim. Amazing woning.
Apr 2024
Rykie W
5.0
Skoon, netjies, alles wat jy nodig het. Sal vir seker weer teruggaan. Dit was so netjies en skoon. Alles wat 'n mens nodig het. Baie lekker kuierplek ...
Sien meer
Mrt 2024
Morne P
Saam met vriende
5.0
Uitstekend. Fantastiese wegbreek. Braai-Paradys Vakansiehuis was netjies, skoon en baie gerieflik. Die ontspaning gedeelte is 'n baie goeie idee weg v...
Sien meer
Des 2023
Chantell O
Saam met vriende
5.0
Ons het baie lekker gekuier. Die omgewing is baie veilig. Geen geraas of bure wat jou pla nie. Die huis is baie netjies skoon. Die gasheer was baie vr...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Hoofweg 107, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Braai-Paradys Vakansiehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 300
R 3 300 R 2 970
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 300
R 3 300 R 2 970
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 107, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e417588a8c33aac51ee01c901441e04d35ee1ed1bd8dd691705438fb8f9b930cc2048347ca1c3877f36085445fb901bc22d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 300 nouVanaf R2 970 per nag (plek vir 11) 18 5 1 5 107 Hoofweg Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.803703 20.057051

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang