Brandkop Guest Farm
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Doornrivier Plaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Brandkop Guest Farm bied gerieflike selfsorg-akkommodasie op 'n werkende plaas naby Nieuwoudtville. Die plaas is op die sirkelroete geleë wat van die waterval af na die kokerboomwoud en die veldblomreservaat loop en dan terug na Nieuwoudtville.
Daar is verblyf in 2 privaat kothuise naamlik die Brandkop Kothuis en 'n tweede kothuis sowat 600 m van die hoofopstel af, asook in 'n ruim plaashuis, die Brandkop Plaashuis. Albei kothuise het 2 en suite-slaapkamers, 'n kombuis en 'n groot leefarea. Die eerste kothuis bied 'n uitsig oor die kokerboomwoud en die Brandkop Plaashuis beskik oor 4 dubbelkamers, 'n ruim kombuis en 3 ruim leefareas.
Voorafgepakte braaipakke met lam en boerewors vanaf die plaas kan vooraf bespreek word in Augustus en September en tydens die spitsseisoen kan gaste 'n driegang-plaasbuffet elke aand geniet. Die opgeknapte venue kan ook vir privaat funksies van tot 50 gaste bespreek word en spyskaartopsies is beskikbaar.
Die plaas is 'n gesinsvriendelike bestemming en daar is heelwat doendinge in die area soos om die plaasdiere te bekyk van naby, bergfietsry, voëlkyk en voetslaan.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Elizna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Doornrivier Plaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
- Gaste dink Brandkop Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Noord-Kaap
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Doornrivier Plaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang