Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Breakaway Apartment

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 24, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R875 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Breakaway Apartment is naby Yzerfontein se gewilde hoofstrand en die dorp se restaurante. Dié kusdorpie is aan die Kaapse Weskus en besienswaardighede in die omgewing sluit die Postberg Natuurreservaat, Yzerfontein se hoofswemstrand, Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat en Dasseneiland in.

Verblyf word in die selfsorgwoonstel op die boonste verdieping van die eienaar se huis en in die oornagkamer op die grondverdieping van die huis aangebied.

Die ruim eenslaapkamerwoonstel het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 3 gaste. Die slaapkamer het 'n gedeeltelike see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n driekwartbed en 'n slaapbank in die leefarea. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word met aankoms voorsien. Daar is ook 'n braai-area op die balkon, gratis WiFi, DStv en veilige parkeerplek op die perseel.

Die oornagkamer is aan die kant van die eienaar se huis en het 'n privaat ingang. Dis geskik vir 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die kamer het 'n TV met DStv, gratis WiFi en toegang tot buitebraaigeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Rene B
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike dierbare mense, stunning plekkie - dankie x. Dit was absoluut great!
Nov 2024
Robert L
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and close to shops and the beach. Warm welcoming. Small, very neat, but well-planned apartment layout, close to the beach.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Rudi N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, was net te kort. Ons het baie lekker gebly, al is die plekkie klein, het dit alles wat 'n mens nodig het. Bernard en Dalina is vriendelik...
Sien meer
Jul 2024
Aletta P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik, skoon, veilig woonstel. Baie gerieflike plekkie. Aangename eienaars, vriendelik en ons laat tuis voel.
Apr 2024
Wollie W
Saam met lewensmaat
5.0
Baie puik. Wat 'n lekker plek, Yzerfontein het in my hart geklim.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Dalina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tweedelaan 24, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Breakaway Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 875
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 875
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 24, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9e0a09518dc1d42323793084c0d86dab02b2c351eb9018678bcacd1e994ca7ecf3edd4555d9b7517c219d5475733d470a1fd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R875 per nag (plek vir 2) 65 5 1 5 24 Second Avenue Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.3415186 18.162941

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang