Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffalo Chalets Marloth Park

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Buffelstraat, 4408, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Buffalo Chalets bied selfsorgverblyf in die gewilde Marloth Park op die grens van die Krugerwildtuin naby die Krokodilbrughek. Die ligging is ideaal vir diegene wat daarvan hou om rustig te sit en kyk hoe die wild wei. Let wel, Marloth Park is in 'n malariagebied.

Buffel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, slaapbank, yskas, vierplaatgasstoof (sonder 'n oond), mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eerste slaapkamer gebruik die badkamer wat 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet het. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n slaapbank, dubbelbed, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie kamer het sy eie badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Albei kamers het lugversorging waarvoor gaste ekstra betaal.

Zebra bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. In hierdie chalet is daar 'n ingeboude kombuisie wat toegerus vir selfsorg met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, 'n mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en drankiegeriewe. Daar is lugversorging waarvoor gaste ekstra betaal. Parkeerplek is ongeveer 25 m van die chalet af.

Vlakvark bied slaapplek aan 2 volwassenes en 3 kinders en beskik oor 2 kamers. Die eerste kamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n klein, ingeboude kombuisie wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Op die tweede verdieping is daar nog 'n slaapkamer wat met 'n seiltjie afgekamp is en 'n dubbel- en enkelbed het. Daar is lugversorging waarvoor gaste ekstra betaal.

Daar is nie 'n TV, radio of internet in die eenhede nie. Lugversorging word voorafbetaal. Elke chalet het 'n braai-area en 'n plonspoel. Die plonspoel is net vol wanneer daar nie waterbeperkings in Marlothpark is nie.

Marlothpark het 2 winkels, 2 hardewarewinkels, 'n kuriowinkel, 2 drankwinkels, 'n groot kroeg en verskeie restaurante. 'n Swembad, klimraam en speelarea, wassery, roomyswinkel, vulstasie, 2 karwasserye, waterwinkel, 'n bakkery en 'n slaghuis is ook beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 107 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Magdalena
Johanna

Eiendomme 2

Resensies 108

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Buffelstraat, 4408, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Buffalo Chalets Marloth Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Buffelstraat, 4408, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYxZTgzNzMxLTRiOTUtNGE4OC05N2NlLWMyMWFhODY3NjFjNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 107 5 1 5 Buffel Street 4408 1340 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.35898 31.80934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang