ByDi-C
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 26 Mrt 2025 tot 30 Mei 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Edward Place 11, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 300R2 805 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
ByDi-C is 'n ruim selfsorg-vakansiehuis in Ballito, slegs 60 m van die see af. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit loopafstand van die Ballito Marine parade en vele ander besienswaardighede is.
Hierdie dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers, asook 'n gastebadkamer. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die 4 badkamers het elk 'n bad en 'n stort of slegs 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, breekware en eetgerei toegerus is. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n eetarea en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea maak oop na 'n beskutte stoep met 'n etenstafel, 'n sitarea en 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n sprankelende swembad. Die eiendom is slegs 200 m van lieflike restaurante en winkels af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Gerdi Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Edward Place 11, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink ByDi-C het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Edward Place 11, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal