Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Canyon Village

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 84 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Canyon Village, Visriviercanyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
  • Vanaf R3 990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Canyon Village skuil onder die voet van 'n rotswand in Gondwana Canyon Park, 27 km vanaf die Visrivier Canyon in Namibië. Kokerbome, Nama-kultuur en 'n ruwe landskap kenmerk Canyon Village, met sy klip- en grasdak-chalets wat in 'n perdeskoen-ontwerp om die kokerbome geposisioneer is.

Gerieflike B&B-verblyf word in 42 chalets gebied. Elke oopplan-chalet het 'n en suite-stort en is toegerus met lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Elke chalet het 'n klein stoep waar mens kan ontspan en die uitsig geniet.

Die grasdak sentrale area dien as 'n restaurant, kroeg, sitkamer en onthaalarea. 'n Kar, getrek deur 'n span muile, wag buite en vervoer bagasie na die chalets. Die geskiedenis van suidelike Namibië word in muurskilderye op die restaurant se muur uitgebeeld en 'n kleurvolle en lewendige weergawe van die lewe in die goue tyd van die sendings pryk op die muur in die onthaalarea. Die buffet-area is ingerig met 'n ossewa met honderde jare se geskiedenis wat in sy hout ingewortel is, en 'n goed bewaarde perdekar is tussen die rotse in die knus kroeg geplaas.

Canyon Village bied ritte en staptogte in Gondwana Canyon Park, asook 'n swembad, ideaal vir daardie warm somersdae. Die uitstappies, ritte en staptogte kan by ontvangs bespreek word teen 'n ekstra koste. Gaste word genooi om die dag af te sluit met 'n kort uitstappie na die 'plaaslike' berg, waar 'n mens 'n drankie kan drink en die son kan sien sak.

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
3.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 42

Resensies 103

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Canyon Village, Visriviercanyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
  • Gaste dink Canyon Village het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karas Namibië
Vanaf
Vanaf R 3 990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 3 990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 84 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Canyon Village, Visriviercanyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPVdR8oizZoc82QIUi7Pm0a3Z24fOYrWd7RjtFP6RRdrM3QZ7vm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 990 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Canyon Village Fish River Canyon 0000 Karas 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -27.652319865681 17.773789191471

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang