Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Balena

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 27, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Casa Balena is 'n pragtige, Toskaanse-styl vakansiehuis wat na die see front en ongerepte see-uitsigte bied. Dit is tussen Gansbaai en De Kelders in die Overberg-streek geleë.

Die eiendom bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers wat almal 'n see-uitsig het. Die hoofslaapkamer front na die see en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en deel die gebruik van 'n tweede badkamer met 'n bad. Die vierde slaapkamer front ook na die see en bied slaapplek op 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Hierdie kamer se en suite-badkamer het 'n stort. Al die beddens is met kraakvars-katoenlinne oorgetrek en handdoeke word voorsien.

Die boonste verdieping het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in die opwaskamer. Die ruim leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste, gemaklike sitplek en 'n slim-TV met toegang tot Netflix en WiFi. Daar is ook 'n binnebraai en 'n kaggel wat met gas verhit word in dié area.

Die onderste verdieping het 'n speletjieskamer met 'n veerpyltjiebord, tafeltennis- en pool-tafel en nog 'n TV wat toegang tot Netflix het. Die groot dek het braaigeriewe en buitemeubels soos 'n etenstafel en stoele. Die stoep bied 'n ongelooflike uitsig oor die see en is perfek vir walviskyk tussen Julie en November.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n dubbel-toesluitmotorhuis. Verder is die huis stapafstand vanaf Standford's Cove, Gansbaai se getypoel en hawe. Natuurliefhebbers kan elke deel van Gansbaai se 50 km-kuslyn verken en ander aktiwiteite sluit swem, voetslaan, branderplankry en hengel in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Alida Elizabeth Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 51

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Kusweg 27, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Balena het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 27, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0dd667e873bf1ad2ea36aaf3aa4c3e39caf551542c430afd926e7d21ef9bafca362241dfbbaadd183b44a64423b3803140be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag, vir 8 mense 2 5 1 5 27 Kus Road Gansbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.574010897831 19.348051469312

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang