Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Celtis Guest House

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roy Campbell-straat 42, Sasolburg, 1947, Vrystaat
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Casa Celtis Guest House is in 'n blaarryke voorstad in die hartjie van Sasolburg. Dit is naby meeste van Sasolburg se besighede en besienswaardighede en is ideaal vir vakansiegangers, sportentoesiaste en sakereisigers.

Die gastehuis het 8 ruim kamers waarvan 3 selfsorgkamers is. Daar is ook een groot gesinswoonstel. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en 'n klein kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n eethoekie in elke eenheid. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n privaat ingang en 'n stoep.

Ontbyt kan in die eetkamer genuttig word en aandete is beskikbaar op versoek. Braaigeriewe is ook beskikbaar en daar is veilige parkeerplek met 'n elektriese heining en kameras. 'n Groot kragopwekker skop outomaties in gedurende beurtkrag om ononderbroke krag te voorsien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Mariska V
Gesin met tieners
5.0
Huis weg van die huis af. Heerlike kos en skoon kamers en die vriendelikste mense. Altyd beskikbaar as jy iets nodig het. Baie dankie aan die gasheer,...
Sien meer
Sep 2024
Anelise N
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike plek. Ons het lekker gebly. Die gastehuis is skoon en netjies. Hulle was bereid om ons laat te ontvang en het spesiaal ons ontbyt vroeër gema...
Sien meer
Sep 2024
Llewellyn S
5.0
Gemaklik, hoogs aanbeveel. My verblyf vir die 5 dae was baie lekker, woonstel is elke dag skoongemaak met skoon handdoeke. Ontbyt was baie lekker met ...
Sien meer
Apr 2024
Sybrand V
4.8
Waarde vir geld. Netjies en veilig. Gasvrou vriendelik en behulpsaam. Moeite is gedoen met ontbyt. Sal plek aanbeveel.
Sep 2024
Cornel R
Gesin met tieners
4.8
Netjiese veilige verblyf met heerlike ontbyt en vriendelike mense. Ons het heerlik gebly en heerlik geëet elke oggend. Daar is 'n generator wat outoma...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Willecia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Roy Campbell-straat 42, Sasolburg, 1947, Vrystaat
  • Gaste dink Casa Celtis Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roy Campbell-straat 42, Sasolburg, 1947, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA99e2311cd34010886fae8291abd38f25e67284dad9132fc78a090c73a603d73a25ca740dea3a95a9f57571716f7c6a554983?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 42 Roy Campbell Street Sasolburg 1947 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.8033377 27.8206333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang