Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Maria Estoril 71

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard East, Estoril Villas 71, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Casa Maria 71 Estoril is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Diaz-strand, Mosselbaai. Dit is naby die see en stapafstand vanaf die waterpark.

Hierdie bekoorlike woonstel is op die tweede verdieping en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n slaapbank in die leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis en sitarea is oopplan. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, pizza-oond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n eethoekie toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitarea se skuifdeure lei na die stoep met sitplek en 'n see-uitsig. Daar is 'n ingeboude braai. Veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Beach Boulevard East, Estoril Villas 71, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard East, Estoril Villas 71, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e9ef91d3137aadf905c031b1ea21058a5d675ac967da1cb3fa08801cc22e30c5562370ebdc4d8b53175fd3ccc97a9c4a076?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6) Beach Boulevard East 71 Estoril Villas 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.161639121524 22.109114058798

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang